Stapklub ontspan voor toetsreeks
Een-en-dertig brawe stappers van Hoërskool Punt se stapklub het onlangs saam met me Elna Nel na Rondebossie-hut vertrek vir ‘n heerlike naweek voor die toetsreeks begin.
Die Vrydagaand word daar vuur gemaak, gebraai, plaatkoekies gebak en lekker gesels.
Saterdagoggend is almal wakker en reg vir die 13 kilometer tot by die Diepwalle-hut.
Vroegoggend is almal vol moed vir die lieflike Jonkersberg wat voorlê. Al die agterosse kom darem in die kraal en almal rus heerlik bo-op Jonkersberg terwyl hulle die pragtige uitsig geniet.
Hulle het net na 12:00 by die plek waar hulle middagete sou geniet aangekom en lekker gerus.
Na middagete is almal weer vol moed vir die laaste paar kilometer. Die laaste deel was maar warm en die pad wou nie eindig nie. As dit nie vir al die water en energiestafies was nie, sou hulle dit waarskynlik nie gemaak het nie. Die dapper stappers arriveer toe by Diepwalle-hut, reg vir hulle warm stort, maar ongelukkg vir die meisies moes hulle wag totdat juffrou Nel klaar gestort het voor hulle hierdie lafenis kon geniet.
Die aand is daar heerlik gekuier en daar was selfs drie stappers wat deurnag gesels het.
Sondagoggend het almal om kwart oor sewe op aandag gestaan, reg om huis se kant toe te vertrek waar die skoolboeke gelê en wag het. Die naweek was waarlik onvergeetlik met al die gees, stories en etery.