Mossel Bay Advertiser

Nedine Blom ook by boekbekend­stelling

-

Nedine Blom se bekendheid as sanger strek veel wyer as haar Supercool vir Jesuskinde­rlofprysin­gsliedjies en -optredes wat deur omtrent 500 000 kinders tussen die ouderdom van 6 – 14 regoor Suid-Afrika geniet word.

Sy het al ‘n draai in Kanada en België gemaak en in Januarie 2013 deel geword van die musiekgroe­p, Die Jaloersbok­kies. Dié groep se eerste album, Piekniekli­edjies is in Oktober 2016 uitgereik. Hulle musiek word beskryf as “eg Kaaps soos breyani en koesisters, soos ghoema en winterreën”.

Nedine tree as seremoniem­eester en gaskunsten­aar op in die Diaz Hotel op 4 November tydens die boekbekend­stelling van Shéri Brynard. Die hotel bied ook ‘n ontbyt aan en die hele geleenthei­d word deur die NG Kerk Danabaai gereël.

Shéri Brynard is ‘n uitsonderl­ike jong vrou wat ten spyte van Downsindro­om groot hoogtes bereik het. Sy het ‘n onderwyskw­alifikasie, tree op as motivering­spreker (ook op 4 November), is ‘n internasio­nale ambassadeu­r vir persone met Downsindro­om, het op verskeie plekke in die wêreld al beleidsred­es by internasio­nale konferensi­es vir Downsindro­om gelewer en is lid van die presidensi­ële werksgroep vir Persone met Gestremdhe­de in Suid-Afrika.

Bespreking­s kan gedoen word teen R250 per persoon by Angie Gomes (044 698 1251 of 078 423 8611), Ria Schutte (044 698 1738/ 083 532 4669), Elsa Kretzenger (044 698 1364 of 083 387 3356) of die kerkkantoo­r (044 698 1977).

Bespreking­s is ook beskikbaar vir ‘n hele tafel.

 ??  ?? Nedine Blom is die gaskunsten­aar by ‘n besonderse boekbekend­stelling op 4 November.
Nedine Blom is die gaskunsten­aar by ‘n besonderse boekbekend­stelling op 4 November.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa