Baie dankie vir hulp
Miriam Telanie, skryf:
Die organiseerders van die Girls Only-program wil die fasiliteerders en vrywilliges bedank vir hul harde werk voor en tydens die program. Aan die verskillende onafhanklike donateurs wat die program moontlik gemaak het, vir u wil ons bedank.
Dit sou sonder u bydrae nie moontlik gewees het nie.
Ons wil ook die vroue van die AGS Kerk, (me M Bezuidenhout, M Wesso, M Sydon en P Braaff) bedank vir die etes wat hulle daagliks vir die groep voorberei het. Dankie dames vir jul onbaatsugtige diens. Ons wil ook die kerkraad van die AGS Kerk bedank vir die beskikbaarstelling van hul fasiliteite.
Die organiseerder, Almerie Kees, wil die hemelse Vader bedank vir die sukses van die program.