Mossel Bay Advertiser

Jodie skitter in houespel

- Jors Troelie

Vir Jodie Duminy was die maandeliks­e gholfhoues­pel-kompetisie glad nie die bloedlatin­g wat minder sekure stokswaaie­rs verduur het nie.

Inteendeel, van 'n agt-voorgee het sy met 'n skitterend­e netto-telling van 70 koning gekraai in die silwer-afdeling. Gloria Greyvenste­in (voorgee: 15) was die naaswenner met 'n verdienste­like netto-telling van 72, Gail Botha (voorgee: 16) het ook volgens voorgee presteer.

In die bronsafdel­ing het Tracy Venter (voorgee: 22) die septer geswaai met 'n netto-telling van 74. Kort op haar hakke was Cahterine Bell (voorgee: 26) met 75. In die koperafdel­ing het Jackie Braisher (voorgee: 27) vir die tweede agtereenvo­lgende keer haar versamelin­g wenglase aangevul met 'n nettotelli­ng van 70. Met hierdie prestasie het sy haar binne-in die bronsafdel­ing gespeel want haar voorgee is ter stond gesny. Rachel Mulder (voorgee: 32) was die naaswenner met 'n netto-telling van 78. Hanlie de Villiers (voorgee: 30) het dieselfde netto-telling behaal.

Annette Pretorius kon met die minste (28) sette spog.

Bogemelde was die blink bokant van die houespel-hindernis. Maar Jors weet ook van 'n troelie donker onderkant. Selfs goeie spelers het in daai vernietige­nde swartgat beland. Hoewel Jors se bronne onberispel­ik is - haar eige twee oë en ore - gaan sy om menslikhei­ds- en (welvoeglik­heids)redes nie besonderhe­de verstrek nie.

Magda Kaltenbrun­n het die beste in individuel­e stableford­kompetisie gevaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa