Mossel Bay Advertiser

Van Vuuren-duif behaal goeie wen

-

Die duiwe van Larry van Vuuren het die afgelope naweek weer baie goed presteer deurdat een van sy duiwe die ope 1 afdeling in die klub met amper 39 minute gewen het. In die tweede plek was 'n duif van Tom en Louise Swart gevolg deur Kalahari Boesman in die derde plek.

Die klub se wedvlug het vanaf Kimberley (648km) plaasgevin­d. In die klub se ope 2 afdeling is dit weer Joe Lemos se duiwe wat uitblink.

Joe behaal die eerste plek met nog 'n verdere goeie ses plekke in die wedvlug. Tom en Louise Swart wen die dorpseksie se ope 1 afdeling terwyl

Smalberger-hokke die ope twee afdeling wen.

Uitslae

Ope 1 afdeling klub: Larry van Vuuren (1, 11, 19); T&L Swart (2, 7, 14, 16, 25); Kalahari Boesman (3, 8, 10, 15, 28); Rhyn van Rooyen (4, 23, 24, 26, 27, 30); Jurgens Truter (5, 13); Joe Lemos (6, 9, 12, 18, 20); Smalberger­hokke (17, 21, 22, 29).

Ope 2 afdeling klub: Joe Lemos (1,3, 6, 8, 9, 10, 13); Smalberger-hokke (2, 19, 21, 22, 26); Kalahari Boesman (4, 7, 17, 18, 25); Rhyn van Rooyen (5, 14, 20, 23, 24, 27) Larry van Vuuren (11, 15, 16); T&L Swart (12).

Ope 1 afdeling dorpseksie: T&L Swart (1, 3, 5, 6, 10); Jurgens Truter (2, 4); Smalberger­hokke (7,8, 9, 11).

Ope 2 afdeling dorpseksie: Smalberger­hokke (1,3, 4, 5, 6); T&L Swart (2).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa