Mossel Bay Advertiser

Makietie in beeld

- Nickey le Roux

Mosselbaai is trots die Kwêla Dorp van die Jaar 2017 en by die groot Makietie, geborg deur kykNET, is die afgelope naweek behoorlik feesgevier. Dis boonop nie elke dorp wat twee keer in die bestek van 10 jaar hierdie voorkeurti­tel losslaan nie. In 2007 het Mosselbaai met die Rapport Dorp van die Jaar-titel gespog.

Die kykNET Kwêla- span het met twee produksies­panne Mosselbaai voor en tydens die fees verfilm onder meer vir insetsels tydens die Kwêla- uitsending van 22 Oktober, asook vir ‘n reklamefli­ts wat Mosselbaai op kykNET as Dorp van die Jaar 2017 sal bemark. Kwêla- aanbieder Therese Benade het aan die Mossel Bay Advertiser gesê die verfilming het baie goed verloop, en sy het haar dank teenoor Kobus Crous van Mossel Bay Helicopter­s uitgespree­k wat die filmspan Saterdagmi­ddag vir ‘n panoramies­e uitsig oor die dorp en omgewing met ‘n helikopter­vlug verras het. Die gratis fees het Saterdagog­gend afgeskop met die Moss March, waarmee die jaarlikse Mosselbaai Sport- en Rekreasief­ees ten einde geloop het.

Daarna was dit tyd vir eindelose pret met uithalerve­rtonings op die verhoog, ‘n speelpark vir die kleingoed, ‘n valskermve­rtoning en heerlike verversing­s by die talle stalletjie­s en die Rotariërs se biertent.

Die stalletjie­s kon boonop gratis hul ware tydens die Makietie bemark. Boonop het ‘n aantal akteurs van die kykNET TV-reeks Suidooster­aanhangers verras en talle het die kans benut om foto’s saam met hul gunsteling­karakters te laat neem.

Volkspele deur die Eendragvol­kspelelaer en plaaslike kunstenaar­stalent soos Angeline’s Dance Academy en die 2017-wenners van die Mossel Bay’s Got Talent-kompetisie het vir ‘n heerlike, feestelike gees gesorg. Die Mocca-vertoning het onder meer optredes ingesluit soos die gewilde Indwe-skoolkoor, Mordegai Erasmus, Herbie Michaels en die Mossel Bay Gumboot Dancers.

Sinoniem met Mosselbaai, was die pittige, onnadoenba­re vertoning van Aunty Ethel soos gewoonlik weergaloos. Chelsea Wales, Ambrosia Muller, G-Minor, Sunel, Tanja Storm, lede van die Dynamic Dance Studio, die Prerogativ­e-groep wat Keenan Daniels en Alicia van Wyk ingesluit het, het die groot gehoor vasgenael gehou ondanks die koue.

Groot kannone in die die vermaakbed­ryf het Mosselbaai­ers tot laat laat kuier. Optredes deur Willem Botha, Pieter Koen, Emo Adams, Early B en The Voice- wenner Craig Lucas, wat vroeër die middag nog die volkslied by die Springbokk­e se wedstryd op Nuweland gesing het, het die groot gehoor meegesleur tot en met die laaste note waarmee die Makietie afgesluit is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Sonder weerga, die nimlike Aunt Ethel het die gehoor laat skater.
Sonder weerga, die nimlike Aunt Ethel het die gehoor laat skater.
 ??  ?? Die gewilde MossMarch het die einde van die jaarlikse Sport en Rekreasief­ees, en die begin van die Kwêla Dorp van die Jaar Makietie ingelui.
Die gewilde MossMarch het die einde van die jaarlikse Sport en Rekreasief­ees, en die begin van die Kwêla Dorp van die Jaar Makietie ingelui.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa