Jong ma benodig hulp
‘n Jong vrou en haar vierjarige seuntjie is weens ‘n brand wat hul blyplek vernietig het, weerloos en uitgelewer aan die genade van die gemeenskap. Raadslid Niklaas Booisen van die Mosselbaai-munisipaliteit doen ‘n beroep op inwoners om die vrou en haar seuntjie by te staan.
“Die grootste behoefte is aan huisraad, kombuistoebehore soos potte, breekgoed en messegoed, beddegoed en klere. Die enkelma dra grootte 36 klere, en beide sy en die seuntjie het klere en skoene nodig.”
Enige persoon wat die vrou en haar kind kan bystaan, word versoek om raadslid Booisen (076 463 7186) te kontak.