MARKTE / MARKETS
• Inligting oor kermisse, basaars en markte moet ons voor Dinsdae om 16:00 bereik. Stuur dit na mba@groupeditors.co.za
HARTENBOS BOEREMARK
Hartenbos Boeremark se volgende mark is op Saterdag, 14 Oktober vanaf 08:00-14:00 by die Carney-gebou. Daar is meer as 70+ uitstallers so moet dit verseker nie misloop nie. Iets van als en als van iets, vriendelike uitstallers en jolige musiek. Daar sal ook op Saterdag, 28 Oktober 'n mark wees. Navrae: Charles (082 852 1773). MOSSELBAAI FAMILIE PLAASMARK Die Mosselbaai Familie Plaasmark vind
elke Sondag vanaf 08:00 tot 14:00 plaas. Die volgende mark is op Sondag, 15 Oktober. Die mark is net buite Hartenbos langs die Hartenbosrivier en N2. Toegang is vanaf die R102 (ou Groot Brak-pad). Kyk uit vir die FARMER'S MARKET-naamb. Die mark verskaf heerlike vars organiese groente, vrugte, tuisgemaakte produkte, lekker eetgoed en yskoue drinkgoed. Bring jou kinders, kleinkinders en hondekinders na die mark. Kontak Alma (082 601 9936).