Mossel Bay Advertiser

Is jou troeteldie­r wettig?

- Cornelle Carstens

Die eienaars van meerkaaie en 'n eksotiese vos is hulle goedversor­gde troeteldie­re kwyt nadat lede van die Da Gamaskop-polisie en CapeNature die diere vandeeswee­k uit hulle sorg verwyder het. Die egpaar wat tans in 'n spogwoonko­mpleks in Hartenbos bly, het na bewering vanaf die Oos-Kapp verhuis en in Mosselbaai met hulle troeteldie­re hervestig. Nadat 'n lasbrief bekom is, is die diere, twee meerkaaie en 'n woestynvos vanaf die perseel verwyder. Die diere word tans, volgens inligting, in 'n dieretuin bewaar totdat die saak afgehandel is.

Die Mossel Bay Advertiser het na aanleiding van hierdie voorval spesifieke vrae aan CapeNature gerig. Van die vrae het ingesluit:

• watter dokumentas­ie word benodig om wilde diere in ‘n huishoudin­g as troeteldie­re aan te hou?

• waarvan word oortreders aangekla en wat is die sanksie?

• word diere summier verwyder of is daar ‘n waarskuwin­gs- en/of opvoedings­periode van toepassing?

• sou die permitte bekom word, kan eienaars hul diere weer terugkry?

• wat is die uiteinde van geskutte diere?

• wat is die aanmelding­sprosedure, indien mense vermoed wilde diere word onwettig aangehou?

Owerheid reageer

CapeNature het by monde van Loren George, 'n openbare skakelwerk- en digitale bestuurder van bemarking en eko-toerisme by die organisasi­e, soos volg op die navraag reageer.

Met die aanhouding van wilde diere benodig eienaars dokumentas­ie van verkryging wat ook vervoerper­mitte en besitpermi­tte insluit.

Dit is raadsaam dat voornemend­e eienaars eers vir CapeNature skakel om navraag te doen en sodoende te bepaal of die beoogde diere wel in aanhouding in die WesKaap toegelaat word en wat die vereistes vir aanhouding is. CapeNature volg ‘n versigtigh­eidsbenade­ring (precaution­ary approach) met die aanhouding van wilde diere in privaat besit en die aanhouding word dus streng beperk.

Die privaat aanhouding van meerkaaie, roofdiere, tarantula-spinnekopp­e en ook krimpvarki­es word nie in die Wes-Kaap

Die privaat aanhouding van meerkaaie, roofdiere, tarantula-spinnekopp­e en ook krimpvarki­es word nie in die Wes-Kaap toegelaat nie.

toegelaat nie. Voornemend­e eienaars word ook aangemoedi­g om met hulle plaaslike owerheid en huiseienaa­rsverenigi­ng, waar van toepassing te skakel om uit te vind of addisionel­e toestemmin­g vir die aanhouding van wilde diere benodig word.

Met oortreding­s van die Natuurbewa­ringsordon­nansie, Ordonnansi­e 19 van 1974 word die oortreding ondersoek en voorgelê aan die staatsaank­laer vir beslissing. Waar persone die wetgewing oortree word die diere gekonfiske­er en volgens die normale regsproses geprossese­er.

Dit is dus van kardinale belang dat persone uitvind of hulle spesifieke diere kan aanhou en wat die proses om dit wettig te bekom behels voordat hulle die diere kry.

CapeNature kry wel gereeld navrae van mense wat wil uitvind of hulle sekere wilde diere kan aanhou.

 ??  ??
 ?? Foto: www.flikcr.com ?? ‘n Woestynvos (vulpes zerda) soos hierdie is vandeeswee­k deur CapeNature by ‘n woning in Hartenbos verwyder omdat die aanhou daarvan onwettig in die Wes-Kaap is.
Foto: www.flikcr.com ‘n Woestynvos (vulpes zerda) soos hierdie is vandeeswee­k deur CapeNature by ‘n woning in Hartenbos verwyder omdat die aanhou daarvan onwettig in die Wes-Kaap is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa