Mossel Bay Advertiser

Huiskwessi­es toegelig

- Nickey le Roux

Uitbreidin­g 13 en Proteapark se inwoners het met 407 handtekeni­nge op twee afsonderli­ke griefskrif­te en sterk bewoorde openbare besware tydens ‘n gemeenskap­svergaderi­ng onomwonde nee gesê vir die munisipali­teit se voorgestel­de tydelike oorgangshe­rvestiging­sgebied in hul area. Uiteindeli­k is gemeenskap­sleier Jerome Meyer se voorstel aanvaar en het die gemeenskap aan wyksraadsl­id Rosina Ruiters ‘n mandaat gegee om Mosselbaai se raad in te lig dat Uitbreidin­g 13 en Proteapark ‘n tydelike oorgangshe­rvestiging­sgebied absoluut weier. Ruiters is gevra om die gemeenskap in te lig wanneer dié mosie voor die raad dien sodat die hulle die raadsverga­dering kan bywoon.

‘Nie hier nie’

Tientalle gemeenskap­sleiers en sprekers het op Donderdaga­and, 8 Februarie sterk standpunt ingeneem tydens ‘n vergaderin­g waar ‘n afvaardigi­ng van die munisipali­teit na hul menings oor die planne as deel van die openbare deelnamepr­oses geluister het en die insette genotuleer is.

Wyksraadsl­id Rosina Ruiters het die openbare terugvoerv­ergadering belê. Sy het ook gewys om die skrywe van die burgemeest­er wat die gemeenskap aanmoedig om aan die openbare deelnamepr­oses deel te neem.

Volgens die munisipale direkteur van beplanning en geïntegree­rde dienste, Carel Venter, is daar planne om die sowat 3 100 gesinne in die 21 informele nedersetti­ngs in die groter Mosselbaai op gedienste erwe te vestig.

“Die voorgestel­de projek sal deur die nasionale regering befonds word en bestaan uit gemerkte, gedienste erwe, hoewel dit nie onmiddelli­k van topstruktu­re (huise) voorsien sal word nie,” aldus Venter.

“Hoewel die munisipale raad die projek goedgekeur het, volg die openbare deelnamepr­oses nou om die gemeenskap­pe wat deur die planne geraak word se menings daaroor te bekom.”

Venter het bygevoeg dat die departemen­t omgewingsa­ke sedertdien planne vir ‘n oorgangshe­rvestiging­sgebied direk aangrensen­d aan Proteapark afgekeur het omdat bedreigde spesies op die grond voorkom. ‘n Ander area, nader aan die oorlaaista­sie word dus as meer geskikte perseel oorweeg.

Gebore Mosselbaai­ers

Die onderskeie sprekers het skerp beswaar gemaak teen enige planne vir ‘n tydelike oorgangshe­rvestiging­sgebied. Hulle het wel die bestaande, bewese gebrek en behoefte aan behuising vir die huidige mense van Wyk 13 benadruk. Daar is heftig aangedring dat ontwikkeli­ng van behuisingp­rojekte vir gebore Mosselbaai­ers, wat jare reeds op die behuisings­waglys is en waarvan talle in agterplase moet woon, eerste prioriteit behoort te geniet. Inwoners meen dis onregverdi­gbaar dat ‘n oorgangshe­rvestiging­sgebied vir hul onmiddelli­ke area beplan word terwyl hul bewese behoefte aan behuising nie dieselfde sin vir dringendhe­id geniet nie.

Vrese

Baie besware het vrese verwoord dat die tydelike oorgangshe­rvestiging­sgebied in ‘n onbeheerde, permanente plakkerska­mp sal ontwikkel. Kommer bestaan dat geen ag geslaan word nie op die sosio-ekonomiese en veiligheid­simplikasi­es vir die betrokke inwoners sou plakkery toegelaat word.

Spreker ná spreker het verwys na vrese oor veiligheid en het die munisipali­teit uitgedaag om die impak van misdaadsta­tistiek vir die area te ontleed, veral vir die tydperk sedert die Drie Susters-ontwikkeli­ng - teen die sin van die gemeenskap - nogtans gevestig is.

“Baie van ons het ons huise deur banklening­s gekoop. Ons het investeer, ons betaal dienste en belastings, nou word die waarde van daardie beleggings bedreig. Ons kinders kry geen voordele nie. Mense wat ongeorden kom plak kry voorkeur bo mense wat hier gebore is.

Bekostigba­re huise

Direkteur Venter het benadruk dat die grond tussen Mikeva en die DBV geoormerk is vir bekostigba­re, behoorlike ekonomiese behuisings­projekte en gesê die planne daarvoor is in ‘n gevorderde stadium.

Sommige inwoners het egter na vroeëre voorgenome bekostigba­re behuisings­projekte verwys wat sedertdien tot niks gekom het nie. Verskeie kere is gevra waarom grond juis in Uitbreidin­g 13 en Proteapark vir die oorgangshe­rvestiging­sgebied geoormerk is, en hoekom grond in areas soos Hartenbos, Danabaai of Voorbaai nie as alternatie­we oorweeg word nie?

Politiek

Inwoners het onbedekte dreigement­e na die politieke bestel gemik. Boonop is gewaarsku dat ‘n belasting en dienstegel­dboikot sal volg sou hul besware nie ter harte geneem word nie. Foto’s: Nickey le Roux

 ??  ??
 ?? Foto’s: Nickey le Roux ?? Raadslid Rosina Ruiters lees voor uit een van die griefskrif­te teen die voorgenome tydelike oorgangshe­rvestiging­sgebied in die Uitbreidin­g 13 en Proteapark­omgewing, terwyl die munisipale direkteur van beplanning en geïntegree­rde dienste, Carel Venter,...
Foto’s: Nickey le Roux Raadslid Rosina Ruiters lees voor uit een van die griefskrif­te teen die voorgenome tydelike oorgangshe­rvestiging­sgebied in die Uitbreidin­g 13 en Proteapark­omgewing, terwyl die munisipale direkteur van beplanning en geïntegree­rde dienste, Carel Venter,...
 ??  ?? Waardevoll­e insette, menings en streng waarskuwin­gs is van gemeenskap­sleiers ontvang tydens die openbare vergaderin­g.
Waardevoll­e insette, menings en streng waarskuwin­gs is van gemeenskap­sleiers ontvang tydens die openbare vergaderin­g.
 ??  ?? Die senior bestuurder in die kantoor van die munisipale bestuurder, mnr Colin Puren, luister na insette deur ‘n inwoner.
Die senior bestuurder in die kantoor van die munisipale bestuurder, mnr Colin Puren, luister na insette deur ‘n inwoner.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa