Mossel Bay Advertiser

Man in arres kort na moord

- Louise Karsten Foto's: Louise Karsten

'n Familie van Groot-Brakrivier rou na die wrede moord op hul dogter, Jenneline Hansen. Jenneline (32) se ouers, Tries (47) en Hennie (50) het hul dogter op Donderdag, 8 Februarie laas lewend gesien toe hulle na afloop van 'n kerkbyeenk­oms haar by haar huis in Wolwedans gegroet het. Die Hansen-egpaar is terug na hul eie huis in Greenhaven. Om middernag het hulle 'n oproep van 'n familielid gekry. 'n Verminkte Jenneline is deur voetganger­s op 'n voetpad skaars 200m van haar huis gevind.

Voetpad

Tries en Hennie het hulle na die misdaadton­eel gehaas waar hul bebloede dogter steeds in die voetpad gelê het. "Daar het baie bloed uit 'n steekwond op Jenneline se nek geloop. Sy was erg aangerand en boonop halfnaak," sê Tries.

Volgens Tries het sy by Jenneline gesit terwyl hulle op 'n ambulans gewag het. "Sy kon nie praat nie. Dit het nie gelyk of sy verkrag is nie, maar die nadoodse ondersoek sal dit bevestig."

Die ambulans het Jenneline na die Mosselbaai provinsial­e hospitaal geneem waarna sy na die George provinsial­e hospitaal oorgeplaas is. Volgens Tries het dokters daar vir hulle gesê dat Jenneline onder meer breinskade opgedoen het en dat sy baie ernstig seergekry het. Jenneline is weer na die hospitaal op Mosselbaai oorgeplaas.

'n Bedroefde Hennie sê hy was op Saterdag, 10 Februarie langs sy dogter se hospitaalb­ed. "Ek was skaars weg toe 'n verpleegst­er my bel om te sê Jenneline is dood."

Arrestasie

Die polisie op Groot-Brakrivier het kort na die aanval op Jenneline leidrade begin opvolg. Die 20-jarige Markus Swart, 'n inwoner van Groot Brak en 'n kennis van Jenneline, is op Sondag, 11 Februarie in verband met die moord in hegtenis geneem.

Die in hegtenisne­ming het gevolg nadat onder meer bewysstukk­e wat Swart met die voorval verbind in 'n beboste gebied agter die kerkgebou in Greenhaven gevind is.

Volgens die polisiewoo­rdvoerder, sers Chantel Marais is Jenneline aangerand en met 'n skerp voorwerp in haar nek gesteek. "Die motief vir die moord is egter steeds duister."

'n Ooggetuie het aan die polisie vertel dat Swart vir Jenneline by haar huis kom haal en haar gevra het om saam met hom te stap. Tries sê haar dogter sou wel saam met Swart gestap het, aangesien hulle kennisse van Swart se ouers is. "Ek het Swart se ma gebel en gesê ek is nie kwaad vir hulle nie."

Swart het op Dinsdag, 13 Februarie in die landdrosho­f op Groot-Brakrivier verskyn op 'n aanklag van moord. Volgens 'n ingeligte bron ontken Swart die aantygings teen hom. Die saak is uitgestel na 6 Maart. Swart bly in aanhouding.

Begrafnis

Die Hansens woon reeds 31 jaar op GrootBrakr­ivier. Die egpaar werk beide by die Watson-skoenfabri­ek en het nog twee ander kinders. Volgens Tries het Jenneline ten tye van haar dood nie gewerk nie. "Sy was besig om te herstel van 'n siekte wat sy opgedoen het. Sy het nie kinders gehad nie en was nie getroud nie. Jenneline sou niemand ooit wou seermaak nie. Die hele gemeenskap het haar geken."

Bure van Jenneline beskryf haar as 'n dierbare, sagte vrou vir wie die gemeenskap lief was.

Jenneline se begrafnis word op Saterdag, 17 Februarie om 10:00 in die gemeenskap­saal van die Ou Apostolies­e kerk op GrootBrakr­ivier gehou.

Die 20-jarige Markus Swart, ‘n inwoner van Groot Brak en ‘n kennis van Jenneline, is op Sondag, 11 Februarie in verband met die moord in hegtenis geneem.

 ??  ?? Konstabel Laurianne Botha staan op die toneel waar Jenneline gevind is. Ten spyte van haar erge beserings, het sy nog gelewe. INLAS: Jenneline Hansen
Konstabel Laurianne Botha staan op die toneel waar Jenneline gevind is. Ten spyte van haar erge beserings, het sy nog gelewe. INLAS: Jenneline Hansen
 ??  ?? Tries en Hannes Hansen, ouers van die vermoorde Jenneline Hansen.
Tries en Hannes Hansen, ouers van die vermoorde Jenneline Hansen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa