Mossel Bay Advertiser

NI-student beseer in botsing by kollege

- Louise Karsten

‘n N1-student in sweiswerk aan die Suid-Kaap Kollege in Mosselbaai is vandeeswee­k per ambulans na ‘n plaaslike hospitaal geneem nadat sy voertuig in die sekuriteit­skompleks by die toegang na die kampus vasgejaag het.

Volgens ooggetuies het dit voorgekom asof die student waarskynli­k ‘n floute beleef het oomblikke voordat sy voertuig in die gebou vasgejaag het.

Die studente het die ongeluksla­goffer as ‘n vriendelik­e, fikse jong man beskryf.

Mosselbaai-munisipali­teit se brand en rampbestuu­rsdienste se personeel was eerste op die toneel om die ongeluksla­goffer te behandel en is bygestaan deur nooddiensp­ersoneel van die munisipale verkeersdi­ens, die onderskeie ambulansdi­enste en die SA Polisie.

‘n Verteenwoo­rdiger van die kampus het bevestig dat die jong man ‘n ingeskrewe student is.

Sy mede-studente het beweer dat hy oorspronkl­ik van Oudtshoorn is.

 ?? Foto: Nickey le Roux ?? Na bewering het die jong student wat die motor bestuur het, waarskynli­k ‘n floute beleef oomblikke voor die ongeluk plaasgevin­d het.
Foto: Nickey le Roux Na bewering het die jong student wat die motor bestuur het, waarskynli­k ‘n floute beleef oomblikke voor die ongeluk plaasgevin­d het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa