Mossel Bay Advertiser

Man derduisend­e kwyt oor hond

- Cornelle Carstens

'n Australies­e man wat in Hartenbos woon het nou glo derduisend­e rand betaal vir 'n Franse bulhond wat hy steeds nie ontvang het nie, in een van die jongste internetbe­drogsake wat deur die Da Gamaskop-polisie ondersoek word.

Volgens inligting verskaf deur die Da Gamaskop-polisie, het die man glo reeds nege keer inbetaling­s gedoen. Die totale bedrag wat die man tot dusver kwyt is, beloop bykans 'n R100 000. Volgens kapt Wollie Fourie, kommunikas­iebeampte van die Da Gamaskop-polisie, duik daar al hoe meer misdaad van hierdie aard op wat by die stasie aangemeld word.

"Ons maan die publiek weer eens om uiters bedag te wees wanneer hulle reageer op advertensi­es op die itnernet en aanlyntran­saksies doen. Moenie goedsmoeds geld oorbetaal sonder om seker te maak dat dit wat jy koop, wel aan jou gelewer gaan word nie."

Die Mossel Bay Advertiser het vandeeswee­k met die klaer in verbinding getree om na besonderhe­de van die bedrogspul te verneem, maar hy het verkies om nie 'n onderhoud toe te staan nie.

* Lees ook die artikel deur prof Rossouw von Solms, semi-afgetrede professor van die Nelson Mandela Universite­it in Port Elizabeth aangaande kuberseker­heid op bladsy 24.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa