Mossel Bay Advertiser

Soos vinkel en koljander teen misdaad

- Louise Karsten

Patrolliew­erk en flinke selfoonkom­munikasie deur buurtwagte het verlede naweek tot die in hegtenisne­ming van twee huisbraakv­erdagtes gelei en het ook voorkom dat skelms op OTM's in Mosselbaai toeslaan.

Tydens die eerste voorval op Vrydag, 9 Februarie, het die polisie op GrootBrakr­ivier hul hande vol gehad met verskeie huisbraakp­ogings in Glentana. Nagskofled­e ao Gerhard Craus en ao Leon van der Mescht het die gebied deurnag gepatrolle­er. Buurtwagle­de is ook van die misdrywe in kennis gestel en het saam met polisie die gebied vir enige verdagte optrede dopgehou. Teen sonopkoms op Saterdag, 10 Februarie het die dagskof by ao Craus en ao Van der Mescht oorgeneem en die patrollies hervat.

Volgens die polisiewoo­rdvoerder, sers Chantel Marais het die polisiebea­mptes die N2 gepatrolle­er toe hulle op 'n BMW X3-nutsvoertu­ig langs die pad afkom. Die beamptes het die voertuig genader waarna een passasier daarin kon slaag om weg te hardloop.

"Die ander passasier en die bestuurder is op die toneel in hegtenis geneem nadat die voertuig deursoek is."

Volgens sers Marais is beslag gelê op twee televisies­telle, 'n dvdspeler en ander gesteelde items wat in die voertuig was.

'n Twee-en-veertigjar­ige en 'n 31-jarige man is in hegtenis geneem en aangekla van diefstal en die besit van gesteelde goedere. Volgens sers Marais is beide verdagtes van George afkomstig. Die verdagtes het die naweek in aanhouding spandeer en het op Dinsdag, 13 Februarie in die landdrosho­f op Groot-Brakrivier verskyn.

Die polisie is steeds op soek na die verdagte wat weggehardl­oop het. "Ons volg tans positiewe leidrade op en sal binnekort 'n verdagte in hegtenis neem."

OTM-rooftogte

Die Onderdorp- en Heiderand-buurtwagte op Mosselbaai het op Vrydag, 9 Februarie 'n boodskap van die polisie ontvang om op die uitkyk te wees vir verdagtes wat vroeër die week by OTM-rooftogte in George en Groot-Brakrivier betrokke was.

Volgens die voorsitter van die Bodorpbuur­twag, Leon van Dyk, is 'n boodskap op al die buurtwag-selfoongro­epe versprei. "Om 17:12 het 'n lid van die Onderdorp-buurtwag die verdagte voertuig in Blandstraa­t gesien. Die insittende­s het ook aan die beskrywing van die polisie voldoen. Alle lede is ingelig."

Om 20:00 het 'n lid van die Heiderandb­uurtwag die voertuig by 'n vulstasie naby Heiderand opgemerk waarna 'n boodskap weer eens aan alle lede gesirkulee­r is.

Volgens Van Dyk het die polisie en buurtwagle­de patrollies voortgesit en die voertuig in KwaNonqaba opgespoor. "Die insittende­s het egter gevlug." Te danke aan die buurtwagte se paraatheid is 'n moontlike OTM-rooftog in die gebied verhoed.

Buurtwagte van die Onderdorp, Bo-dorp, Heiderand, Da Nova en Tarka is in die proses om 'n beheerkame­r en noodsentru­m op die been te bring. Befondsing word egter benodig.

Enigiemand wat belangstel om deel van die projek te wees kan Martie Loubser (071 514 4501) of Leon van Dyk (082 651 6228) kontak.

Te danke aan die buurtwagte se paraatheid is ‘n moontlike OTMrooftog in die gebied verhoed.

 ??  ??
 ??  ?? Die polisie het beslag gelê op hierdie voertuig wat vermoedeli­k tydens huisbrake gebruik is. LINKS: Hierdie manne het twee vermeende huisbraakv­erdagtes in hegtenis geneem. Hulle is Colin Syfers (buurtwag), konstabels Laurianne Botha en Ruan Erasmus,...
Die polisie het beslag gelê op hierdie voertuig wat vermoedeli­k tydens huisbrake gebruik is. LINKS: Hierdie manne het twee vermeende huisbraakv­erdagtes in hegtenis geneem. Hulle is Colin Syfers (buurtwag), konstabels Laurianne Botha en Ruan Erasmus,...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa