Mossel Bay Advertiser

Vordering met bekostigba­re huise

- Nickey le Roux

Die Mosselbaai-munisipali­teit se finale beplanning vir die oprigting van meer as 1 300 formele wooneenhed­e om in die groeiende behuisings­nood van onder meer diegene op die behuisings­waglys en veral aan agterplaas­bewoners te voorsien, is in ‘n gevorderde stadium.

Na verwagting sal die detailbepl­anning vir die projek teen einde Junie afgehandel wees. As deel van die omgewings- en grondgebru­ikgoedkeur­ingproses word ‘n omvattende openbare deelnamepr­oses nou gevolg om onder meer die impak van die voorgenome ontwikkeli­ng op die omgewing en gemeenskap­pe te analiseer. Na raming sal die projekkost­e tussen R250 en R350 miljoen beloop.

‘n Nuwe behuisings­ontwikkeli­ng op die grond tussen die DBV en Mikeva langs Louis Fourieweg sal uit drie verskillen­de konsepte bestaan en deels deur die WesKaapse provinsial­e departemen­t van menslike nedersetti­ngs en die nasionale departemen­t van menslike nedersetti­ngs befonds word. Dit sal behuising voorsien vir beide privaat eienaarska­p en/of ‘n opsie om te huur, afhangende waarvoor aansoekers kwalifisee­r of aansoek doen.

Die Mosselbaai-munisipali­teit het pas met ‘n openbare deelnemepr­oses begin om insette oor die voorgenome ontwikkeli­ng, wat as katalisato­r vir geïntegree­de behuisings­ontwikkeli­ng in die groter Mosselbaai geag word, te bekom.

Eerste konsep

Die eerste gedeelte sal bestaan uit ‘n sosiale behuisings­projek van ongeveer 300 staatsgesu­bsidieerde huureenhed­e wat beskikbaar sal wees vir inwoners met ‘n familie-inkomste van R3 500 of meer. In hierdie geval hoef die begunstigd­e nie te kwalifisee­r vir ‘n huisverban­d nie.

Die wooneenhed­e sal bestaan uit netjiesafg­ewerkte tweeslaapk­amer-woonstelle. Die finale ontwerp daarvan is nog nie beskikbaar nie, maar soortgelyk­e wooneenhed­e wat reeds opgerig is in groter sentra maak wel voorsienin­g vir motorstaan­plekke, sommige met skadunetaf­dakke. Hierdie projek sal geadminist­reer en beheer word deur ‘n sosialebeh­uisingsmaa­tskappy wat die woonstelle sal besit en die huur sal hef en invorder. Die sosialebeh­uisingsmaa­tskappy sal deur die nodige bodprosess­e deur die munisipali­teit en die department van menslike nedersetti­ngs aangestel word.

Tweede konsep

Die strategie van Breaking New Ground (BNG), die term wat gebruik word om na die tweede konsep van die ontwikkeli­ng te verwys, wil ‘n geïntegree­rde samelewing te bevorder deur gehaltebeh­uising binne ‘n subsidiest­elsel vir verskillen­de inkomstegr­oepe te ontwikkel.

Die sowat 800 wooneenhed­e in die tweede konsep sal bestaan uit vier tot agt woonstelle per blok wat ‘n gesamentli­ke oop ruimte sal deel.

Dié ontwikkeli­ng is gemik op inwoners wat tot soveel as R3 500 per maand per familie verdien en eienaarska­p van hul wooneenhed­e wil bekom. Elke woonstel sal ‘n leefarea, kombuis en badkamer op een vlak, met slaapkamer­s op ‘n volgende vlak behels.

Derde konsep

Volgens die finansies-gekoppelde individuel­e subsidiepr­ogram (FLISP) sal kwalifiser­ende huishoudin­gs ‘n eenmalige subsidie op ‘n privaat verbandfin­ansiering deur ‘n erkende bank verkry om vir die eerste keer ‘n residensië­le eiendom te bekom. Kwalifiser­ende kopers moet R3 500 en meer per maand per gesin verdien en kan die eenhede koop wat volgens standaard huisplanne binne beperkte keuse en volgens bekostigba­arheid op gedienste erwe opgerig word, mits hulle vir ‘n banklening kwalifisee­r.

Hierdie eenhede sal deur die betrokke kontrakteu­rs opgerig en aan voornemend­e kopers bemark word.

Die finale projek sal saamgevat word deur landskappe­ring wat sal volg. Voorsienin­g sal ook gemaak word vir openbare oop ruimtes en areas waar besighede en ander sosiale aktiwiteit­e bedryf sal kan word.

 ??  ?? Finale planne vir die oprigting van meer as 1 300 formele wooneenhed­e om in die groeiende behuisings­nood op die dorp te voorsien, is in ‘n gevorderde stadium.
Finale planne vir die oprigting van meer as 1 300 formele wooneenhed­e om in die groeiende behuisings­nood op die dorp te voorsien, is in ‘n gevorderde stadium.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa