Mossel Bay Advertiser

Bid vir SA tydens UP4SA

-

‘n United Prayer for South Africagele­entheid (UP4SA) vind op Sondag, 25 Februarie om 16:00 in die Verenigend­e Gereformee­rde Kerk (VGK) in Grunterstr­aat, Mosselbaai plaas. Dit is ‘n 60 minute gebedsgele­entheid.

In 2017 was daar 230+ gebedspunt­e oor Suid-Afrika wat tydens hierdie geleenthei­d vir Suid-Afrika gebid het. Tydens vanjaar se geleenthei­d sal daar geluister word na vooraf opgeneemde gebede deur onder andere, dr Arno van Niekerk (skrywer en geleenthei­dspreker), Bennie Mostert (Jerigo Mure), Afrika Mhlophe (skrywer en geleenthei­dspreker), Mangaliso Matchobane (voorsitter: Intercesso­rs of SA) en Linda Gobodo (VUKA Africa Foundation).

Daar sal terselfter­tyd ook vooraf opgeneemde liedere van Joe Niemand, Katlego Maboe, Dewald Gouws en Loyiso/ Retief Burger/Stass gespeel word.

André Kritzinger is die koördineer­der van die Mosselbaai-geleenthei­d en kan gekontak word by 084 613 2462 of stuur e-pos na anka01@telkomsa.net. Lees ook meer hieroor by webtuiste: www.up4sa.co.za of facebook: /up4sa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa