Mossel Bay Advertiser

Blokkasies kos belastingb­etaler

-

Mosselbaai-munisipali­teit doen ‘n beroep op alle inwoners in die groter Mosselbaai-omgewing om onwettige storting van afval aan te meld, om te herwin en nie rommel in woonbuurte te strooi nie. Die munisipali­teit spandeer jaarliks baie geld, mannekrag en tyd aan die verwyderin­g en skoonmaak van stormwater­pype, dreine, ensovoorts wat verstop as gevolg van rommel wat daarin gestrooi word wat blokkasies veroorsaak. Die afloop langs Bakke/Walvisstra­at wat stormwater opvang vanaf D’Almeida is onlangs deur ‘n motorband verstop wat moontlike oorstromin­gs van Nautilus se parkeerare­a asook die Bakke /Louis Fouriekrui­sing kon veroorsaak het, indien dit nie aangemeld en die band dadelik deur die munisipali­teit verwyder was nie.

Groot uitdaging

Die stort van afval en veral groot voorwerpe in stormwater­pype bied 'n groot uitdaging vir die munisipali­teit wat miljoene rand jaarliks moet uitgee aan die skoonmaak en verwyderin­g van vullis uit die stormwater­pype en dreine om onder meer oorstromin­gs te voorkom. Groot voorwerpe, selfs motorbande wat in stormwater­pype gegooi word, bemoeilik die taak om die stormwater­pype behoorlik te laat funksionee­r en kan groot skade aanrig. Inwoners betaal telkens vir die herstelwer­k, wat derduisend­e rand kan beloop.

Aslapark is een van die areas waar die grootste probleem voorkom met verstopte stormwater­pype. Dit blyk dat die gemeenskap hier meer as gereeld voorwerpe en vullis in stormwater­mangate stort.

"Daar bestaan gevolglik 'n behoefte om meer gereeld bewusmakin­g te doen van besoedelin­g en die newe-effekte daarvan op die omgewing en mense," aldus die munisipale woordvoerd­er, Colin Puren.

Om blokkasies of probleme met stormwater­lyne aan te meld, kontak 044 606 5000 or stuur ‘n e-pos na admin@ mosselbay.gov.za

 ??  ?? Die munisipali­teit spandeer jaarliks derduisend­e rand, wat elders beter aangewend kan word, aan die skoonmaak van rommel wat moedswilli­g in stormwater­lyne gestort word.
Die munisipali­teit spandeer jaarliks derduisend­e rand, wat elders beter aangewend kan word, aan die skoonmaak van rommel wat moedswilli­g in stormwater­lyne gestort word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa