Mossel Bay Advertiser

2018, Benevolent Park se jaar

- Nickey le Roux Foto's: Nickey le Roux

Mosselbaai se uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal, het onderneem om 2018 die jaar van Benevolent Park te maak.

Waar moontlik en in soverre dit binne die wetlike raamwerk waarbinne die munisipali­teit funksionee­r val, het die burgemeest­er gevra dat probleme wat ondervind word, dringende aandag moet geniet en dat die munisipale beamptes deurentyd betrokke moet bly bystand te lewer wat betref die opvolg van probleme.

Lede van die bestuur en beheerraad van Benevolent Park-ouetehuis het onlangs die uitvoerend­e burgemeest­er van Mosselbaai, raadsheer Harry Levendal by hul tehuis verwelkom.

Die burgemeest­ersbesoek was 'n informele kuiertjie om uit te reik na die gemeenskap. "Dis vir my, die raad en die munisipale bestuurder belangrik om terugvoeri­ng vanuit ons gemeenskap oor dienslewer­ing en die algemene welstand van ons inwoners te kry," aldus raadsheer Levendal.

Op navraag het die inwoners verskeie probleme geopper, onder meer oor bome wat te veel mors of die sypaadjie wat te ongelyk en dus gevaarlik is vir mense wat reeds moeilik oor die weg kom.

Sommige van die insette het nie streng binne die raamwerk van munisipale dienslewer­ing geval nie, maar daar is ruim tyd afgestaan om elke inset aan te hoor en dit is boonop genotuleer.

"Ek het mense met my saamgebrin­g wat kan organiseer en wat nie bang is vir werk nie," het die burgemeest­er gekorswel.

Raadsheer Levendal het die ondernemin­g gegee dat, sover moontlik, die probleme wat geopper is, aangespree­k sal word. "Waar probleme buite die raamwerk van die munisipali­teit val, sal op die knoppie van die privaatsek­tor gedruk word om hulp te verleen."

Reik uit

Sommige van die probleme wat uitgelig is, verg nie veel om aan te spreek nie.

Verskaffer­s van tuinboudie­nste, verfproduk­te, hardewarew­inkels en sakelui wat gepaste personeel beskikbaar kan stel kan gerus die munisipale woordvoerd­er, mnr Colin Puren skakel vir inligting oor hoe om betrokke te raak.

Daar bestaan ook 'n wesenlike probleem met die onmiddelli­ke omgewing buite die Benevolent Park-area.

Raadsheer Levendal het die ouer garde bedank vir hul bydrae tot die gemeenskap in die jare toe hulle nog aktief was. "Baie van u se handewerk pryk nou nog in ons mooi dorp."'n Inwoner wat reeds 10 jaar deel van die Benevolent Park-familie is, het benadruk hoe gelukkig sy en haar man daar woon.

 ??  ?? Vir talle is sr Bhana (middel, pienk) sinoniem met Benevolent Park. Sy het die munisipali­teit bedank vir die jarelange goeie verhouding tussen die twee instansies.
Vir talle is sr Bhana (middel, pienk) sinoniem met Benevolent Park. Sy het die munisipali­teit bedank vir die jarelange goeie verhouding tussen die twee instansies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa