Mossel Bay Advertiser

Afmaak van bome ontstig

-

Omgewingsb­ewustes het onthuts reageer toe 'n privaatkon­trakteur Woensdagmi­ddag digby Laerskool Park inheemse waterbessi­ebome afgemaak het.

Volgens die munisipale woordvoerd­er, mnr Colin Puren, is die bome gesnoei om die padveiligh­eidsituasi­e vir ouers en leerders by die laerskool te verbeter. "Daar word ‘n groet-en-ry-fasiliteit geskep. Ouers kan soggens daar stop en leerders aflaai en dan dadelik weer vertrek. Indien nodig, kan hulle parkeer om hul klein kinders na die skoolhek te vergesel. Smiddae kan daar op ‘n veilige wyse geparkeer word," aldus mnr Puren.

Die fel kritiek op die afmaak van die bome spruit volgens lesers uit kommer dat bome voor die voet uitgeroei word sonder dat in die ontwerpsta­dium van die projekte ag geslaan word of die bome behoue kan bly of nie.

"Daar steek geen waarheid in beweringe dat die bome baie mors nie, dit sou die munisipali­teit geloon het om met omgewingsb­ewustes, en nie net hul eie amptenare van die parke-afdeling nie, te konsulteer.

"Die munisipali­teit moet uitgedaag word om te bewys net hoeveel bome deur die plaaslike owerheid aangeplant word in die plek van die gevalle waar volgroeide bome ter wille van sogenaamde ontwikkeli­ng afgemaak word," sê lesers wat hul misnoë met die verwyderin­g van die bome teenoor die Mossel Bay Advertiser uitgespree­k het.

 ??  ?? Een van die bome wat deur ‘n privaatkon­trakteur afgemaak is.
Een van die bome wat deur ‘n privaatkon­trakteur afgemaak is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa