Mossel Bay Advertiser

Punt Starganza ‘n ware skouspel

- Tersia Marais

Tydens ‘n onlangse spoggeleen­theid in die Mosselbaai-stadsaal is Hoërskool Punt se 2018 Starganza-wenners aangewys. Vanjaar spog Lwazi Mpato en Chanelle Robertson met die gesogte titels as Meneer en Mejuffrou Starganza.

Calvin Bezuidenho­ut en Nadine Wandrag is aangewys as die eerste prins en prinses. Die tweede prins en prinses is Frikkie Potgieter en Sanchia-Lee Bernardo.

Die skool se graad 12-leerders ding mee om aangewys te word as Meneer en Mejuffrou Starganza. Dit verg 'n omvattende keuringspr­oses om uiteindeli­k aan dié glansgelee­ntheid deel te neem. Alle graad 11's kan inskryf en 'n mini Starganza word gehou sodat die beoordeela­ars 10 seuns en 10 meisies as finaliste kan kies. Dan begin die graad 12's oefen vir die groot aand.

Die skool organiseer gewoonlik 'n goeie kunstenaar om die aand meer glans te gee. Een van die hoogtepunt­e vanjaar was die optrede van Brendan Peyper, 'n besliste gunsteling onder die meisies.

Die 20 finaliste moes nie net mooi lyk nie, maar ook talent wys deur tonele uit bekende rolprente op te voer volgens die aand se tema; A night under the stars. Daar was karakters soos Beauty and the Beast en tonele uit Dirty Dancing.

Hoërskool Punt se Starganza word die afgelope 12 jaar reeds as deel van die bemarking vir die skool aangebied. Mnr en Mej Starganza tree by die jaarlikse interskole as Mnr en Mej Sjampanje op.

 ??  ?? Gewilde sanger Brendan Peyper het die gehoor aan sy voete gehad tydens die Starganza.
Gewilde sanger Brendan Peyper het die gehoor aan sy voete gehad tydens die Starganza.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa