Mossel Bay Advertiser

Ray Dylan vanjaar op Brandwag tydens feesnaweek

-

Bekende Suid-Afrikaanse-sanger, Ray Dylan kom hou op Vrydagaand, 16 Maart konsert by die NG Kerk Brandwacht tydens die gemeente se feesnaweek.

Die konsert begin om 19:00 en vind in die feestent op die kerkterrei­n plaas. Die NG Kerk Brandwacht is ongeveer 11km buite Hartenbos, in die rigting van Oudtshoorn geleë.

Konsertkaa­rtjies se kostes is R120 per persoon en is by die pastorie (044 694 0013) en Roadlab Mosslab (044 695 2387) beskikbaar.

Geen kaartjies sal die aand by die deure te koop wees nie. Etes en wyn sal by die konsert te koop aangebied word en daar sal ook gelukstrek­kings wees.

Soos gewoonlik beloof dit om weer eens 'n baie lekker kuieraand vol vermaak te wees.

Die gemeentefe­es vind die volgende dag, Saterdag 17 April op dieselfde terrein plaas. Meer inligting hieroor sal binnekort in die Advertiser gepublisee­r word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa