Mossel Bay Advertiser

Komedie bied puik vermaak

-

Wanneer trou jy? So 'n gepaste vraag, indien iemand verloof is. Indien nie, verskaf dit prima vermaak vir elkeen wat 'n eg Afrikaanse stand-up comedy wil beleef.

Wanneer trou jy? was sedert Mei 2017 te sien in Londen, Dublin, Amsterdam, Utrecht, Windhoek en Swakopmund, met 19 SA vertonings waarvan ses vertonings vooraf uitverkoop het.

Mariette Loubser die skrywer en komediant van Wanneer trou jy? bied nie net teks maar ook sang in die vorm van parodie en eie komposisie soos sy vertel van vrae, flaters en blind dates. Wanneer trou jy? is op Dinsdag, 20 Februarie om 18:30 vir 19:00 by Joshua Generation-gemeente se ouditorium, op die hoek van Schoeman- en McKinnerys­traat te sien. Kaartjieko­ste is R100 en is beskikbaar by wanneertro­ujy@gmail.com

Mariette Loubser is 'n sangeres en aktrise van die Boland wat tans in Johannesbu­rg woon. Sy is een van min vrolike vroue in die relatief jong Afrikaanse stand-up comedy mark. Met 'n agtergrond van kabaret, televisie-aanbieding en radiowerk het sy ook voltyds gewerk met die jeug en blomme. Sy het ook dekor vir troues en funksies gedoen. Tans is sy voltyds op die planke met Wanneer trou jy?

 ??  ?? Mariette Loubser is tans voltyds op die planke met Wanneer trou jy?
Mariette Loubser is tans voltyds op die planke met Wanneer trou jy?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa