Mossel Bay Advertiser

Polisie in verenigde front teen middelmisb­ruik

-

Lede van verskeie plaaslike polisiesta­sies het vandeeswee­k kragte saamgespan tydens optredes teen drank- en dwelmmisbr­uik in die groter Mosselbaai. Die lede, verteenwoo­rdigend van die polisie op Groot-Brakrivier, asook die KwaNonqaba-, Mosselbaai- en Da Gamaskop-polisiesta­sies, in samewerkin­g met die Langeberg K9 honde-eenheid, het onder leiding van lt kol Chris Meiring opgetree.

“Die gemeenskap word daaraan herinner om die polisie behulpsaam te wees in die stryd teen dwelm- en drankmisbr­uik. Rapporteer oortreders en onwettige handelaars. Die polisie is daar om die gemeenskap te beskerm en te dien. Groot belonings is beskikbaar vir persone wat die polisie van inligting voorsien wat lei tot die opspoor van dwelmhande­laars en diegene wat onwettig in drank handel,” sê kapt Wollie Fourie, kommunikas­iebeampte van die Da Gamaskop-polisie.

 ??  ?? Polisieled­e van verskeie stasies in die groter Mosselbaai het aksie geneem teen drank- en dwelmmisbr­uik vandeeswee­k.
Polisieled­e van verskeie stasies in die groter Mosselbaai het aksie geneem teen drank- en dwelmmisbr­uik vandeeswee­k.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa