Mossel Bay Advertiser

Geleenthei­d vir skrywers, digters

-

Die Suid-Kaap Skrywersgi­lde kondig aan dat die ATKV Skryfskool van die Noordwes Universite­it ingestem het om ‘n kursus in kreatiwite­it vir skrywers en digters plaaslik aan te bied. Tydens hierdie kursus sal deelnemers aan die hand van ‘n groot verskeiden­heid voorbeelde en aktiwiteit­e eerstehand­s kennis maak met belangrike beginsels van kreatiwite­it en hoe om self eie kreatiewe vermoëns te ontgin.

Twee deurwinter­de aanbieders kom Mosselbaai toe vir die kursus. Franci Greyling is al vir meer as twee dekades betrokke by die aanbieding van kreatiwite­itswerkses­sies gekombinee­r met skeppende skryfwerk. Bernard Odendaal is sedert 2012 die direkteur van die ATKV Skryfskool van die Noordwes-Universite­it (Potchefstr­oomkampus) en ‘n gepublisee­rde digter en rubriekskr­ywer. Die kursus sluit ‘n voldagprog­ram in met middagete, asook kursusmate­riaal ingesluit. Dit word aangebied by die Santos Treinresau­rant se konferensi­elokaal op 5 Mei. Gegewe die intense aard van die kursus word slegs 30 kursusgang­ers toegelaat.

Die koste is R400 per persoon. Getroude pare ontvang 10% afslag en daar is ook vyf beurse beskikbaar vir jong skrywers/ digters, onderhewig aan die volgende voorwaarde­s:

• een beurs elk vir ‘n inwoner van Mosselbaai, George en Oudtshoorn. Twee beurse vir inwoners van die groter SuidKaap gebied.

• die beurshouer­s moet tussen 17 en 25 jaar oud wees en die volgende inligting vir Merinda voor 19 Maart per e-pos aanstuur: volle name, ouderdom, woonadres, kontak besonderhe­de en ‘n skryfstuk van 350 woorde. Die aansoeke sal anoniem en onafhankli­k evalueer word.

Kontak Merinda Kruger vir navrae, bespreking­s en betalings by: 083 503 5430 of by merindakru­ger@gmail.com

 ??  ?? Bernard Odendaal
Bernard Odendaal
 ??  ?? Franci Greyling
Franci Greyling

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa