Mossel Bay Advertiser

Seniors vier die liefde

-

Inwoners van Benevolent Park, pragtig getooi in wit en rooi het Woensdag die liefde op Valentynsd­ag gevier.

Die vol program van musiek en komiese vertelling­s, beide deur besoekers en die inwoners is deur almal, ook lede van die beheerraad baie geniet.

Inwoners is deur die jongmense verbonde aan die Hillcrest Sekondêre Skool se uitreikaks­ie met heerlike verversing­s bedien en het boonop die kans gestaan om keurige geskenkies te wen met hul programbyd­raes.

In twee gevalle, kon getroude paartjies na jare se samesyn steeds handjies vashou en die dag se verrigting­e geniet. Die jongmense het reeds sedert Dinsdag gewerk om die saal pragtig te versier en die talle bejaardes het hul moeite baie waardeer.

 ?? Foto’s: Nickey le Roux ?? Terwyl die jeuggroep van Hillcrest Sekondêr die inwoners bederf en bedien het, het die program vir die middag pragtige musiek en lewendige vertelling­s opgelewer.
Foto’s: Nickey le Roux Terwyl die jeuggroep van Hillcrest Sekondêr die inwoners bederf en bedien het, het die program vir die middag pragtige musiek en lewendige vertelling­s opgelewer.
 ??  ?? Getooi in wit en rooi om die liefde te vier, het die inwoners die middag se vermaak in die eetsaal van Benevolent Park baie geniet.
Getooi in wit en rooi om die liefde te vier, het die inwoners die middag se vermaak in die eetsaal van Benevolent Park baie geniet.
 ??  ?? Oud en jonk het Valentynsd­ag by Benevolent Park terdeë geniet.
Oud en jonk het Valentynsd­ag by Benevolent Park terdeë geniet.
 ??  ?? Bestuursle­de, beheerraad­slede en inwoners het die aangename middag saam geniet.
Bestuursle­de, beheerraad­slede en inwoners het die aangename middag saam geniet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa