Mossel Bay Advertiser

Die Superrugby­reeks begin

-

Ons het Mosselbaai­ers gevra of hulle na die Superrugby, wat môre begin, uitsien.

Foto's, onderhoude: Linda Sparg JACO MÖLLER: “Ek is nie eintlik ‘n rugbymens nie. Ek werk die naweek en sal op pad Beaufort-Wes toe wees, maar ek sal oor die radio daarna luister.” BRENDA JANSEN: “My man hou van rugby. Hy is ‘n WP en Nieu-Seelandond­ersteuner. Hy sal sekerlik kyk. Ek weet nie wie gaan speel nie, maar ek sal ook kyk.” DEON VAN APPEL: “Ek kyk net krieket. Ek stel nie baie in rugby belang nie. Ons SA rugby is so treurig op die oomblik, maar ek is vol hoop vir die krieket.” DANIEL BOTHA: “Ek gaan kyk. Ek hou van rugby. Ek ondersteun Suid-Afrika.” DRIAAN FOURIE: “Ek kyk glad nie rugby nie. Ek hou van stoei. John Cena is my gunsteling.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa