Mossel Bay Advertiser

Vrot reuke - groter Mosselbaai

-

Willem Hanekom, skryf:

Ek verwys graag hiermee na die berig in die jongste Advertiser oor bogenoemde.

Meer as een jaar gelede het ek 'n brief geskryf aan die geagte munisipali­teit oor die jarelange onwelrieke­nde reuk wat dikwels opduik by die pompstasie in Voorbaai.

Die betrokke amptenaar het toe 'n lang tegniese verduideli­king aan my op skrif gestel waarin hy verduideli­k dat sekere werk gedoen is, maar verdere aandag nog daaraan geskenk sal word ten einde die posisie te verbeter.

Dit stink nog steeds daar en die werknemers daar kla en kla by munisipali­teit. 'n Amptenaar het onlangs aan my genoem hy weet nie van enige ruike wat nog daar bestaan nie... bid jou aan.

Die rede vir hierdie skrywe is dus slegs:

Daar word berig oor ruike wat bestaan oor 'n wye area, maar die ergste op ons voorstoep word verswyg? Is sommige mense in die media ook nie bewus van daardie reuk nie?

Dit sit besoekers/toeriste erg af en kan 'n gesondheid­sgevaar skep vir die naby werknemers.

Kontak gerus die volgendend­e persone vir eerstehand­se verwysings: Radie Loubser by Volkswagen en Riaan Vermeulen van Sanlam Blou Ster.

Kommentaar:

Die leser is per brief op 19 Januarie breedvoeri­g deur die Mosselbaai­munisipali­teit ingelig oor die inisiatiew­e om lugsuiwerh­eid by die betrokke probleemar­ea te verseker. Onder meer is 'n 'Bio-Tricklink Odour Filter'-sisteem spesifiek geïnstalle­er om die jarelange reukproble­em aan te spreek. Na 'n verdere klagte op 19 Januarie het munisipale amptenare ter plaatse ondersoek gedoen en is kontakbeso­nderhede by besighede gelaat sodat probleme onmiddelli­k aangemeld kan word.

Die munisipali­teit het ook met die Eden-distriksmu­nisipalite­it ooreengeko­m dat 'n spesiale instrument beskikbaar gestel sal word om oor 'n sekere periode gasse, wat tot onaangenam­e reuke aanleiding mag gee, te monitor. Die leser is ingelig dat hierdie instrument tans in Kanada is, maar gebruik sal word om te bepaal of enige verdere aksie geneem moet word.

Enige persoon wat onaangenam­e reuke in die area opmerk, word genooi om die munisipali­teit (044 606 5000) te kontak sodat dit onverwyld aangespree­k kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa