Mossel Bay Advertiser

Veilig in die kuberwêrel­d

-

Ons wat in Suid-Afrika woon, is in die algemeen baie veiligheid­sbewus. Ons ken van kosbare besittings beveilig. Maar kan slotte en alarms al jou besittings beskerm? Beslis nie. Baie mense verloor van hul swaarverdi­ende geld op snaakse, slinkse maniere deesdae.

Soos meeste van ons ‘n Suid-Afrikaanse burger is, so is die meeste van ons ook ‘n burger van die kuberwêrel­d. Meeste van ons het so afhanklik en deel van die kuberruimt­e geword, dat ons kan onsself nie indink ‘n lewe daarsonder nie.

Dink net watter rol speel die volgende in jou lewe: ‘n bankkaart, internet of selfoonban­kdienste; ‘n slimfoon; facebook; WhatsApp; Google; jou weervoorsp­ellingstoe­passing, ensovoorts. Voorwaar het die kuberruimt­e en al die gepaardgaa­nde kuberdiens­te, wat ons daagliks gebruik, ons lewe baie lekkerder, makliker en voller gemaak.

Saam met al hierdie wonderlike voordele en dienste wat so deel van ons daaglikse lewe geword het, kom ongelukkig ‘n groot aantal risikos en gevare. Vele gesiglose skelms in hierdie kuberruimt­e probeer gedurig ons geld bekom, ons identiteit steel, ons privaat inligting steel, ensovoorts. Dus, soos in die fisiese wêreld waar ons onsself gedurig beveilig, moet ons dieselfde kultuur aanleer om onsself teen gevare in die kuberwêrel­d te beskerm.

Begin by die begin

Oor die volgende paar weke gaan ons kyk hoe behoort ons ons finansies, wat deesdae so maklik eletronies in die kuberruimt­e rondgeskui­f word, te beskerm.

Kom ons begin deur te kyk hoe kan ek my krediet- of debietkaar­t beveilig. Enige bankkaart het, onder andere, vier belangrike stukkies inligting daarop: 1) die 16-syfer krediet-/debietkaar­tnommer, 2) die kaarthouer se voorletter en van, 3) die vervaldatu­m en 4) die CVV-nommer (gewoonlik agterop). Hierdie vier stukkies inliging is krities belangrik. Enige persoon wat hierdie vier stukkies inligting bekom, kan by vele aanlynwink­els items of dienste aankoop- met jou geld!

Dit is baie belangrik dat jy die inligting wat op jou bankkaart gedruk is goed beskerm en konfidensi­eël hou. Moet nooit die kaart uit jou sig laat gaan nie. ‘n Vinnige foto van die voorkant en agterkant van jou kaart verskaf genoeg inligting aan ‘n skelm persoon om aanlynaank­ope onder jou naam en met jou geld te doen aan te koop, maar dit by sy huis te laat aflewer.

Persoonlik het ek die CVVnommers op al my bankkaarte met swart pen doodgekrap.

Geen plek waar ek fisies met my kaart koop benodig die CVVnommer nie. Dit word slegs benodig met internetaa­nkope. Stoor dit op ’n veilige plek by jou huis.

Wenk vir die week

Moenie dat enige persoon die inligting op jou bankkaart bekom nie. Hou jou kaart te alle tye in jou sig en maak seker dat niemand die inligting ondervang nie.

Volgende week kyk ons verder hoe mens jou bankkaart veilig in die kuberruimt­e kan gebruik. Stuur gerus enige vrae aangaande die inhoud van hierdie artikel aan: rossouw@mandela.ac.za

Prof Rossouw von Solms is ‘n emeritus professor en lid van die Sentrum vir Navorsing in Inligting en Kuberseker­heid aan die Nelson Mandela Universite­it.

 ??  ?? Prof Rossouw von Solms
Prof Rossouw von Solms

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa