Mossel Bay Advertiser

Gorries op ‘n galop terwyl matrieks spog in styl

- Tersia Marais

Die jaarlikse Metropolit­an-perderesie­s by Hoërskool Punt het op Vrydag, 2 Februarie plaasgevin­d en volgens die tradisie, was die matrieks uitgevat in spoggerige uitrusting­s terwyl die Gorries, oftewel graad 8-leerders die vermaak moes verskaf.

Soos by alle goeie en gesofistik­eerde perdewedre­nne, was daar geen tekort aan toeskouers nie en ouers, onderwyser­s en die res van die leerders het die deelnemers luidkeels aangemoedi­g.

Aan kreatiwite­it was daar geen tekort nie en die dogters se hoedeskepp­ings was werklik iets besonders. Die manne se “perde” het ook geensins teleurgest­el nie en het flink en vinnig deur die hinderniss­e gehardloop.

Op ‘n romantiese noot het Damiane Scott vir Lizelle Oosthuizen voor almal teenwoordi­g gevra of sy hom na die matriekafs­keid sal vergesel en natuurlik kon sy nie nee sê nie.

Ten spyte van ‘n woeste wind wat die hoedeskepp­ings so bietjie rondgewaai het, het al die verrigting­e in ‘n goeie en gesellige gees plaasgevin­d en kon die perderuite­rs en modelle uiteindeli­k tot rus kom.

 ??  ?? ‘n Ruskansie na die stap.
‘n Ruskansie na die stap.
 ??  ?? Dené Strauss en Isabel Claassen het met hul Gorrie-modelle se skeppings gespog.
Dené Strauss en Isabel Claassen het met hul Gorrie-modelle se skeppings gespog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa