Mossel Bay Advertiser

Groot Brak-rolbal

- Jannie Meyer

Groot Brak-rolbal het al sy uitblinker­s van die afgelope seisoen tydens 'n byeenkoms by die klubhuis met trofeë en toekenning­s vereer.

Die bekroondes het deurgaans hard gewerk en nougeset geoefen om die onderskeie kompetisie­s te buit.

By elke klub, soos ook by Groot Brakrolbal, is daar altyd 'n paar strydosse wat nie in die kalklig is omdat hulle kompetisie­s wen nie, maar altyd bereid is om die ekstra myl te loop. So 'n persoon is Peter Crawford wat vereer is vir sy toewyding en geesdrif in belang van die klub. Hy het die Arthur Purchase-trofee ontvang.

Hannes Bruwer, wat wat ook lid was van die Eden-seniorspan, is as speler van die jaar vereer.

Pryswenner­s

Beginners: Sollie Schreuder (mans) en Shirley van Straayen (vroue).

Enkels: Anne-Marie Jonker (vroue) en Ashley Krauspe (mans).

Manspare: Floris Brand en Johan Pretorius.

Vrouepare: Joey Buitendag en Rosa van der Merwe.

Gemengde pare: Danie le Grange en AnneMarie Jonker.

Gemengde driespel: Rosa van der Merwe, Anne-Marie Jonker en Ashley Krauspe,

Gemengde vierspel: Ashley Krauspe, Petro van der Walt, Johan Pretorius en Gerhard de Villiers.

 ??  ?? Die wenners van die gemengde driespel- en vierspelko­mpetisies saam afgeneem. Voor is van links Rosa van der Merwe, Anne-Marie Jonker en Ashley Krauspe en Petro van der Walt. Agter: Johan Pretorius, Gerhard de Villiers.
Die wenners van die gemengde driespel- en vierspelko­mpetisies saam afgeneem. Voor is van links Rosa van der Merwe, Anne-Marie Jonker en Ashley Krauspe en Petro van der Walt. Agter: Johan Pretorius, Gerhard de Villiers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa