Mossel Bay Advertiser

Skuts vertoon goed in hitte

-

Goeie tellings op 'n snikhete Woensdag is tydens die gereelde skietoefen­ing deur Suzette Herrer en Danie le Roux opgestel.

Suzette het die bordjies Woensdag verhang en vir Danie met 'n enkele punt geklop. Suzette se 97/100 was van topgehalte.

Dit was 'n baie warm oggend en Ounooi Bock en Gert Nel het ook baie goed geskiet terwyl Samson Tshoto se 85/100 net so goed was.

Beste tellings van die dag was: 1. Suzette; 2. Danie; 3. Ounooi; 4. Gert; 5. Samson; 6. Rob Cumming.

Twee van die klub se staatmaker­s kon weens mediese redes nie deelneem nie. Johan Kemp het 'n oogoperasi­e ondergaan terwyl Eugene Barnard chemo-behandelin­g in 'n hospitaal ontvang. Die vertroue word uitgespree­k dat hulle oor 14 dae weer by die skietoefen­ing sal wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa