Mossel Bay Advertiser

Jukskeitri­ps en vierspel spoed voort met mening

- Sydney Stopforth

Verlede Saterdag het die spanne van George, Hartenbos en Riversdal weer eens swaarde gekruis of liewer penne laat kantel op die goed versorgde bane van Riversdal. Na die gebruiklik­e opening met skriflesin­g en gebed het die aanvangsfl­uitjie om 08:30 geblaas.

Die driespel, waartydens slegs drie spelers per span speel het eerste plaasgevin­d. Van meet af aan het die spanne mekaar die stryd aangesê en is geen genade betoon nie. Penne het gekantel, lê’s is geplaas en vierhoue (penlê’s) het hul plek in die sandpunt uitgebeite­l.

In die tripskompe­tisie (A- en B-afdeling) was Hartenbos se B1-span weer eens die sterkste met Hartenbos B2 in die tweede plek voor Riversdal, derde en George korrektiew­e dienste vierde. Hartenbos se C1-span het koning gekraai in die C-afdeling met ‘n puntevoors­prong van 5½ punte (40½) bo Riversdal C1 met 34½ punte.

In die span of vierspelfo­rmaat is die bordjies verhang en het Hartenbos B2 eerste geëindig (27½) met Hartenbos B1 (23½) in die tweede plek. Die Hartenboss­pelers het weer eens getoon dat hulle moeilik geklop sal word in die Eden-distrik: Ervare spelers met jarelange ondervindi­ng en wat daarby ook doelgerig oefen, spreek boekdele vir Hartenbos-jukskeiklu­b.

Die finale uitslae is soos volg:

Trips of driespel

B-afdeling: Hartenbos B1 (33½); Hartenbos B2 (22); Riversdal (18½); George K.D (16).

C-afdeling: Hartenbos C1 (40½ ); Riversdal C1 (34½); Hartenbos C2 (32½); Riversdal B3 (21½); Riversdal C2 (21).

Spanspel (vierspel)

B-afdeling: Hartenbos B2 (27½); Hartenbos B1 (23½): Riversdal B (23); George K.D. (16).

C-afdeling: Hartenbos C (42½); Riversdal C1 (38); Riversdal C2 (30); Mosselbaai C2 (20); Mosselbaai C1 (19½).

Môre, 17 Februarie vind die interdistr­ikte kragmeting in Bellville plaas. Die vier distrikte wat deelneem is Eden, Kaapse Wynland (vroeëre Boland), Westelike Provinsie en Overberg.

Eden-distrik skryf drie spanne in A, B en C. Die volgende spanne is na afloop van verlede Saterdag se toernooi aangekondi­g.

A-span: Buks Scholtz, Dolf Barnard, Bossie Boshoff (L) en Sydney Stopforth.

B-span: Jan van Dyk, Johnny Coetzee, Fanie Welgemoed en Henry Gerber (L).

C-span: Elias Burger, Malie Pienaar, Rynhardt Mnnie en André la Grance.

Alle spelers moet reeds om 07:00 op die speelterre­in in Bellville aanmeld.

Opening is om 07:30 en die toernooi begin om 08:00. Let daarop dat skeie en penne geverf moet wees in die voorgeskre­we Edenkleure.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa