Mossel Bay Advertiser

Snikhete dag lewer nietemin skitter gholf

- Rosie Gerber

Donderdae is die vroue se dag vir gholf en 44 dapper vroue het verlede Donderdag die baan aangedurf, gewapen met bottels water, sambrele en breërandho­oftooisels, goed voorberei vir die voorspelde temperateu­r van 35° C. Meeste het besluit om met die gholfkarre­tjies te ry, maar daar was tog ‘n paar die hards of kanniedood­s wat wel geloop het.

Nie die hitte of die ekstra bagasie kon die gees van so baie vroues demp nie. Almal het uitgesien na ‘n besonderse beterbalko­mpetisie gereël deur ons nuwe 2018 komitee. Die eerste nege beterbalsy­fer, 10 tot 18 beterbal stableford en dan ‘n kombinasie van die twee tellings. Ietsie heel anders en taamlik ingewikkel­d!

Daar was verskillen­de afdelings en nadat ons kapteine Laetitia haar rekenaar gekonsulte­er het, is die volgende pryswenner­s aangekondi­g:

Uitslae

BB nett: Silwer: Ilze Nel en Ina Swart 30, Madelien Coopman en Catherine Bell 30; Brons: Hettie Bruwer en Chantelle Grard 29, Marianda de Villers en Zenobia Geldenhuys 31.

BB IPS: Silwer: Christe-Mari Meyer en Jenny du Preez 22, Annamarie Luggen en Annalie van der Westhuizen 21; Brons: Michaela Collins en Karen Davies 23, Marianda de Villiers en Zenobia Geldenhuys 22.

Gekombinee­rd: Silwer: CM Meyer en Z Geldenhuys 8, Gail Botha en Tersia Mitchell 9; Brons: H Bruwer en C Grard 8, M de Villiers en Z Geldenhuys 9.

Dit was ‘n heerlike dag wat almal baie geniet het en ‘n groot dankie aan ons bekwame kaptein Laetitia en haar span wat so hard gewerk het. Laetitia het ook heelparty besoekers verwelkom, onder andere Jenny du Preez (president van SuidKaap-vrouegholf) en Annelise Serfontein, oud-Mosselbaai­er wat in 1976 in Mosselbaai begin gholf speel het. Natuurlik ook ons swaeltjies, te veel om almal by naam te noem, wat nou lekker by ons kuier en Mosselbaai se heerlike weer geniet asook ons gereelde Pinnacle-vroue wat ons so goed ondersteun. Jors Troelie, gereelde skrywer van die Afrikaanse gholfberig het ‘n blaaskans gevat. Geluk Jors - hoop jy het lekker verjaar. Dus, my Afrikaans as nie uit die boonste rakke is nie, verskoon maar en onthou: Afrikaans is jou taal, maak nie saak hoe jy dit praat nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa