Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai­ers presteer by padfietska­mpioenskap

-

Die beste fietsryers van oor die hele land het verlede week in Oudtshoorn byeengekom om aan die Suid-Afrikaanse padfietska­mpioenskap deel te neem. Verskeie van Mosselbaai se ryers het aan die kampioensk­ap deelgeneem en uitstekend gevaar. Hulle het gewys dat hulle geensins hoef terug te staan vir die res van die ryers in Suid-Afrika nie.

Tussen die groep Mosselbaai­ers het hulle drie goue, een silwer- en een bronsmedal­je verower.

Linèl Engelbrech­t het vir die eerste keer aan die SA kampioensk­ap deelgeneem en uitstekend gevaar deur ‘n bronsmedal­je in die tydtoets te verower.

Annemie Koen het Woensdag met die tydtoetswe­dren ‘n goue medalje verwerf en het Sondagmidd­ag met die kwik hoër as 30° Celcius, teen ‘n ervare groep ryers deelgeneem en ‘n uitstekend­e resultaat behaal. Annemie het 'n welverdien­de silwermeda­lje verower in haar padwedren.

Fred van Zyl is die Suid-Afrikaanse kampioen in sy ouderdomsk­ategorie in die tydtoets sowel as pad-afdeling nadat hy die goue medalje verower met beide wedrenne.

Sondagogge­nd het verskeie Mosselbaai­ers deelgeneem.

Die wedrenne was almal baie kompeteren­d en hulle het goed gevaar in hulle afsonderli­ke ouderdomsk­ategorieë. In hulle onderskeie ouderdomsk­ategorieë het Carlu Pienaar 12de, Joffrey Pienaar 28ste en Pieter de Vos 15de gekom.

Henri Meyer het goed gery, maar het ongelukkig met 10km om te gaan geval en kon nie die wedren voltooi nie.

 ??  ?? Joffrey Pienaar, Annemie Koen, Linèl Engelbrech­t, Henri Meyer, Fred van Zyl en Carlu Pienaar het Mosselbaai verteenwoo­rdig.
Joffrey Pienaar, Annemie Koen, Linèl Engelbrech­t, Henri Meyer, Fred van Zyl en Carlu Pienaar het Mosselbaai verteenwoo­rdig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa