Mossel Bay Advertiser

Egpaar se avontuur

- Cornelle Carstens

‘Ons wil daarvandaa­n so gou moontlik in die tradewinds kom. En dan is dit oopketels.’ Dit kan, as alles goed gaan ongeveer 30 dae duur tot hulle by hul bestemming uitkom.

As een van jou drome nog altyd was om eendag die alledaagse 9-tot-5-lewe agter te laat, die wye wêreld in te seil en op 'n eiland te gaan woon, is die verhaal van Blackie en Karin Swart dalk net die regte inspirasie om die woord by die daad te voeg.

Blackie, voorheen 'n advokaat op Mahikeng en sy vrou Karin het verlede naweek met Injabulo, 'n tweerompse­iljag (catamaran) waaraan hulle die afgelope vier jaar bou Mosselbaai se hawe binnegevaa­r. Hulle eindbestem­ming? Die eiland St Maarten, in die noordooste­like Karibbiese see.

'n Boorling van Randfontei­n, vertel Blackie dat hy as kind baie gelees het. Toe reeds het die wêreld van seilvaart hom gefassinee­r. In 2004 het hy en Karin vir ses maande in Grenada gaan seil en toe weer in 2013. Gaandeweg het die twee besluit, dít is wat hulle wil doen - 'n verhurings­diens bedryf vir seiljag liefhebber­s.

‘Injabulo’

Injabulo, wat "geluk" beteken, het teen 'n slakkepas vir agt dae in November 2017 saam met 'n konvooi na Richardsba­ai gereis waar sy te water gelaat is. Die 15 ton seiljag kan 50 dagbesoeke­rs akkommodee­r en bied oornagplek vir 12 passasiers.

"Ek het vir ou Black gesê ek ry met liefde weer vir agt dae agter haar aan voor ek haar 'n tweede keer in die water sit. Dit was vir my baie meer senutergen­d," beken Karin aan boord van Injabulo tydens 'n gesprek met die Mossel Bay Advertiser die afgelope naweek.

Tydens die reis see toe, het die bemanning sommer op die boot geslaap. "Ons moes sekuriteit­swagte reël wat die boot en die bemanning moes oppas."

Blackie verduideli­k dat twee voertuie van provinsial­e verkeer agter die vragmotor waarop Injabulo vervoer is moes ry, terwyl 'n nog 'n voertuig vooruit moes ry om die pad skoon van verkeer te maak dat hulle kan aanbeweeg.

Op 27 Desember is Injabulo die eerste keer water toe. Vandaar het die Swarts gereis na Durban, Port Elizabeth en toe Mosselbaai. Hulle het Maandagogg­end na Kaapstad vertrek. Hier word bemannings­lid, die SABC-nuusregiss­eur Sandy Macdonald opgelaai. "Sandy kom al jare saam met ons. Hierdie is 'n bucket list-ding vir hom. Hy kan nie wag nie," lag Karin.

"Ons hoop om so twee dae 'n suidooster te vang en so ver weg van Kaapstad as moontlik te kom. Dan eers vinnig stop by St Helena. Ons wil daarvandaa­n so gou moontlik in die tradewinds kom. En dan is dit oopketels," verduideli­k Blackie.

Hy reken dit kan, as alles goed gaan ongeveer 30 dae duur tot hulle by hul bestemming uitkom.

'700 sakke sout'

Dis die tweede keer dat Karin en Blackie saam 'n boot bou. Dis nie 'n kwessie van sewe sakke sout saam opeet nie, meer iets soos 700, reken Blackie. Wat hulle bo alles anders op die reis te wagte moet wees, sê Blackie, is uiters baie geduld. "Hulle sê altyd 'sailing is never a fact, it is always an intent'," voeg Karin by.

Blackie se seun André seil reeds die afgelope 10 jaar in die Karibbiese eilande en het verblyfreg. Die Swarts het ook 'n maatskappy daar geregistre­er. "As ons daar aankom, gaan die boot vir ons moet werk en ek en Karin gaan island hopping doen," sê Blackie.

Die Swarts het hulle plaas verkoop om hulle droom te bewaarheid. Hulle huis is met meubels en al verkoop. Die res het hulle weggegee. Die swaarste afskeid reken Karin, was om hulle troeteldie­re te groet.

"Ek en Karin het 'n filosofie. As dit nie op die boot pas nie, het ons dit nie nodig nie," stel Blackie dit.

 ??  ??
 ??  ?? Blackie en Karin Swart tydens hulle geselsie met die Mossel Bay Advertiser langs Injabulo in die Mosselbaai-hawe.
Blackie en Karin Swart tydens hulle geselsie met die Mossel Bay Advertiser langs Injabulo in die Mosselbaai-hawe.
 ??  ?? Injabulo verlaat die Durbanse hawe.
Injabulo verlaat die Durbanse hawe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa