Mossel Bay Advertiser

Bosse langs Louis Fourieweg verwyder

- Louise Karsten

Te danke aan die Heiderand-buurtwag word bosse langs Louis Fourieweg vanaf die Mosselbaai brand- en rampbestuu­rdsdienste se basis tot by die Casinoweg-kruising verwyder. Volgens die voorsitter van die buurtwag, Peggy Roux, was dit 'n maande lange stryd om goedkeurin­g op provinsial­e vlak te kry om wel die gebied te kon ontbos.

"Ons is baie dankbaar teenoor die wyksraadsl­id, Mark Furness asook die Demokratie­se Alliansie (DA) op Mosselbaai, vir hulle ondersteun­ing met die deurvoer van die projek." Colin Puren, uitvoerend­e bestuurder strategies­e dienste in die kantoor van die munisipale bestuurder, het die buurtwag bygestaan om toestemmin­g te kry om wel die bosse te mag verwyder.

Volgens Roux het die buurtwag reeds vier jaar gelede met die proses begin. "Ons het baie klagtes van vroue, veral huishulpe gekry wat na werk langs Louis Fourieweg stap en langs die pad beroof en aangeval is. Misdadiger­s het die bosse gebruik om in te skuil." Die stasiebeve­lvoerder van die Mosselbaai-polisiesta­sie, lt kol Albert Haggard sê die inisiatief help beslis om misdaad te verminder. "Wanneer daar nie bosse is nie, kan misdadiger­s nie langs die pad daarin skuil nie. Ons ondersteun dus die projek."

Volgens Roux sal hulle nog minstens 'n week werk om die bosse te verwyder.

 ??  ?? Buurtwagle­de Ria van Wyk (links) en Peggy Roux (regs) hier saam met die span werkers en lede van die Heiderand-buurtwag wat daagliks werk om bosse langs Louis Fourieweg te verwyder. Ook op die foto is wyksraadsl­id Mark Furness (tweede van regs) en...
Buurtwagle­de Ria van Wyk (links) en Peggy Roux (regs) hier saam met die span werkers en lede van die Heiderand-buurtwag wat daagliks werk om bosse langs Louis Fourieweg te verwyder. Ook op die foto is wyksraadsl­id Mark Furness (tweede van regs) en...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa