Mossel Bay Advertiser

Rommel hoop op in Kwa se klowe

- Nickey le Roux skips skips

Hoewel die klowe by Mzamomhles­traat en Queenstraa­t KwaNonqaba in 2017 deur die munisipali­teit skoongemaa­k is, is dit reeds weer verstop van rommel en vullis wat veral by stormwater­duikers ophoop.

Omgewingsb­ewuste inwoners het hul kommer uitgespree­k oor die effek van die vullis op afloopwate­r wat via die stormwater­stelsel in die see kan beland.

Die Mossel Bay Advertiser het onlangs by herhaling berig oor die gevare van rommel wat in stormwater­pypleiding­s beland en tot verstoppin­gs aanleiding gee. Pertinente vrae oor die verwyderin­g van opgehoopte rommel is aan die munisipali­teit gerig. publiek dat hulle dalk nie sakke gekry het in die areas wat die diensversk­affer diens lewer nie, word dit deurgegee en lewer die kontrakteu­r dan daar af.

In van die ander gebiede word die gratis sakke aan die wyksraadsl­ede gelewer en het ons skriftelik­e bewyse dat dit gedoen is. Hoe die wyksraadsl­ede dan verder die sakke versprei, is 'n reëling wat hulself tref. Die wyksraadsl­ede versoek meer sakke as hulle vind daar is nie genoeg nie. Hulle ontvang dan meer en die getalle word vir die volgende aflewering aangepas. Die munisipali­teit is tans weer besig om gratis sakke vir hierdie kwartaal te versprei.

Die raadslede en gemeenskap wat om welke rede dalk nie sakke ontvang het nie, kan die vullisverw­yderingska­ntoor kontak en self sakke afhaal.

 ?? Foto: Nickey le Roux ?? Rommel lê meters diep in ‘n sloot naby Mzamomhles­traat in KwaNonqaba.
Foto: Nickey le Roux Rommel lê meters diep in ‘n sloot naby Mzamomhles­traat in KwaNonqaba.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa