Mossel Bay Advertiser

Rommel verswelg woongebied

- Nickey le Roux

Anders as in die res van Mosselbaai, ontvang die inwoners van 'n informele woongebied in die buitewyke van Aslapark na bewering nie gratis swartsakke nie en word hul vullis nie deur die owerhede verwyder nie.

Honderde mense woon hier in saamgeflan­ste wonings op die steil hange tussen Dubestraat en die N2. Net agter Aslapark, waar die onwettige plakkery ooglopend en skynbaar ongestoord toeneem, skok tonele van hope rommel, vullis, selfs menslike uitskot, wat oor 'n area van letterlik honderde meter die wonings omsoom.

Die huise is op die oog af oorwegend baie netjies. Die meer gevestigde strukture is mooi geverf en staan meerendeel­s in afgekampte erwe. In enkele tuine word groente verbou. Tussendeur wei beeste en loop talle honde rond. Plek-plek is mans besig om grond gelyk te maak vir nog strukture, terwyl nóg ander halfgeboud­e strukture voltooiing nader.

Hier leef gesinne, ouers en hul kinders reeds vir etlike maande, tog word geen vullis amptelik verwyder nie.

Privaateie­ndom

Na wat verneem word, beset die mense privaateie­ndom en word die munisipali­teit ingevolge wetgewing nie toegelaat om dienste te voorsien nie. Daar is egter 'n paar tydelike toilette en gemeenskap­like krane op die naasliggen­de munisipale eiendom, wat die indruk by onwoners kan skep dat sommige munisipale dienste wel gedeelteli­k gelewer word.

Volgens inwoners is die enkele toilette egter buite werking en word hulle dus geen ander keuse gelaat as om die onbewoonde beboste areas vir ablusie te gebruik nie. Hier is tekens van ontlasting opsigtelik.

Tydens die Mossel Bay Advertiser se aanvanklik­e besoek aan die toneel is groot rotte tussen die hope vullis opgemerk, wat vrae laat ontstaan oor omgewingsg­esondheid.

Daar is geen beligting nie. Na donker is dit veral vir kinders, vroue en ouer persone baie gevaarlik om alleen die bosse aan te durf om te ontlas.

Nie net skok die lewensomst­andighede waaraan die inwoners onderwerp word nie, maar die impak van die vullis op die omgewing is merkbaar. Die vullis is nie net beperk tot 'n afgebakend­e area nie, plastieksa­kke en ander rommel is oor honderde meter oor die onbewoonde, onontwikke­lde grond opmerklik. Dit is op hierdie grond waar plaasdiere binne die munisipale grense toegelaat word. Daar is dus niks wat verhoed dat dié diere die plastiek inneem nie.

Dit is ook 'n ope vraag wat die effek van die menslike uitskeidin­gs is op die afvoerwate­r wat in die klofie in die munisipale stormwater­stelsels beland.

Uitbuiting

Dit blyk dat van die inwoners wat hulle tot hierdie area wend vir 'n dak oor hul koppe, boonop gewetenloo­s uitgebuit word deur "entreprene­urs" wat piepklein plakkerstr­ukture oprig en teen bedrae van sowat R350 per maand verhuur. Anders as wat owerhede berig, is dit nie net buitelands­e

burgers wat daar woon nie. Tydens die Advertiser se besoek het 'n Afrikaanse vrou, oorspronkl­ik van Riversdal, gesê sy woon reeds sowat drie weke in een van die "huurhuise".

Na wat verneem word, is die owerhede besig om met die grondeiena­ar oor die onhoudbare situasie te onderhande­l.

Groenstrok­e

Die probleem van vullis in groenstrok­e en ander openbare oopruimtes is as 'n ernstige probleem geïdentifi­seer en dit is ook reeds op die rampbestuu­rsadviesfo­rum bespreek, berig die munisipale direkteur van gemeenskap­sdienste, mev Elize Nel.

"Ons het besluit om 'n diensversk­affer spesifiek daarvoor aan te stel aangesien die werk moeiliker en moontlik gevaarlike­r as bloot net strate skoonmaak is."

In baie gevalle is daar ontlasting en selfs dooie diere gevind wat ander risiko's inhou. Wetgewing vereis dat die hantering van sodanige afval ingevolge sekere gesondheid­saspekte gedoen moet word.

"Ons eerste uitdaging was om te bepaal onder wie die funksie moes val, want dit raak meer as een afdeling. Daar is besluit dat afvalbestu­ursafdelin­g dit sal hanteer. Die volgende uitdaging was dat daar nie vir so iets begroot is nie en moes daar eers fondse gekry word. Dit is nou gedoen en ons het op 'n formele, geslote kwotasie uitgegaan om 'n paar areas nog in hierdie finansiële jaar skoon te maak. Daarna sal die jaartender sal van 1 Julie af in plek wees. Die munisipali­teit het onlangs die makro- en mikrostruk­tuur hersien en daar is spesifiek op die organigram van die afvalbestu­ursafdelin­g voorsienin­g gemaak vir personeel wat hierdie funksie gaan behartig. Daar is voorts begroot om die poste te vul wanneer die nuwe organigram geïmplemen­teer word. Dit verhoed ons egter nie om intussen daaraan aandag te gee nie en gaan ons voort binne die beskikbare fondse vir hierdie finansiële jaar," aldus direkteur Nel.

 ?? Foto: Nickey le Roux ?? Vullis omsoom letterlik ‘n skynbaar onwettige informele nedersetti­ng in die buitewyke van Aslapark.
Foto: Nickey le Roux Vullis omsoom letterlik ‘n skynbaar onwettige informele nedersetti­ng in die buitewyke van Aslapark.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa