Mossel Bay Advertiser

Dubbele tragedie tref gesin

- Nickey le Roux

Die Vaaltyn-gesin het die afgelope week tragies van twee jong kinders afskeid geneem.

In die eerste voorval is die graad 1-leerdertji­e van Oker Primêr op Albertinia, Jody Vaaltyn, oorlede nadat sy by haar pleegouer, Monica Vaaltyn se huis geval en vermoedeli­k haar kop teen 'n klip gestamp het.

Monica vertel die kinders het oudergewoo­nte na skool hul skoolklere uitgespoel en opgehang. Een van die kinders het haar kom roep nadat Jody geval en op die grond bly lê het.

"Ek het onmiddelli­k met haar na my bure gehardloop, en vandaar is ons na die plaaslike kliniek waar die dokter en verpleegpe­rsoneel probeer het om haar te red, maar tevergeefs."

Monica sê sy versorg Jody reeds drie jaar. Daar was 'n hegte band tussen haar en die kind wat geredelik vir haar drukkies gegee het.

"Ek wil graag die skoolhoof van Oker Primêr, mnr Tarentaal en personeel bedank vir hul bystand met die begrafnisr­eëlings en verwante sake. Hulle is vir my ware steunpilar­e."

Jody word Saterdag, 24 Februarie begrawe. Die huisdiens vind om 09:00 plaas, waarna die begrafnis om 10:00 uit die AGS Emmanuel-gemeente sal geskied. Intussen is verneem dat Jody se jonger boetie, Jeremiah Vaaltyn op Saterdag, 17 Februarie deur 'n voertuig getref is in Grassy Park, Kaapstad, waar hy saam met sy biologiese ma gewoon het. Hy het op Sondag, 18 Februarie aan sy beserings beswyk.

 ??  ?? Jody Vaaltyn
Jody Vaaltyn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa