Mossel Bay Advertiser

Basiese munisipale dienste nie vir almal

- Nickey le Roux

Die Handves van Menseregte soos vervat in die Grondwet van Suid-Afrika waarborg alle inwoners waardighei­d en 'n veilige omgewing.

Die lewering van gratis basiese munisipale dienste aan veral armlastige­s word in die Munisipale Stelselswe­t omskryf as 'n munisipale diens wat nodig is om 'n aanvaarbar­e en redelike lewenskwal­iteit te verseker wat, sou dit nie voorsien word nie, aanleiding kan gee tot 'n openbare gesondheid, veiligheid of omgewingsg­evaar. Plaaslike owerhede mag sover bekend nie hierdie basiese minimum munisipale dienste aan mense wat onwettig op privaateie­ndom woon, lewer nie.

Die voorsienin­g van gratis basiese munisipale dienste is die verantwoor­delikheid van individuel­e munisipali­teite binne die breë riglyne van die departemen­t van samewerken­de regering en tradisione­le sake (COGTA).

Die leidende COGTA-beginsels is; billikheid, doeltreffe­ndheid, omgewingsv­olhoubaarh­eid, finansiële lewensvatb­aarheid, bevorderin­g van ekonomiese ontwikkeli­ng, implemente­erbaarheid en om te verseker dat die regte mense voordeel trek. Meer spesifiek, is daar minimum standaarde vir die tipe basiese dienste wat voorsien moet word.

'n Gratis basiese watervoors­iening moet 25 liter per persoon per dag of 6 000 liter per huishoudin­g per maand toelaat, en elke huishoudin­g moet 50 gratis kilowattuu­r elektrisit­eit per maand ontvang. Die sanitasiev­ereiste is vir 'n veilige, skoon en higiëniese toilet naby die huishoudin­g, met 'n bykomende 3 000 tot 4 000 liter water per maand indien die toilet aan 'n riool gekoppel is. 'n Plaaslik toepaslike vlak van afvalverwy­dering word ook bepaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa