Mossel Bay Advertiser

Neef, niggie na 70 jaar weer saam

- Cornelle Carstens

Dis nie aldag dat neefs en niggies wat al aan na die 80 is, nog die energie het om mekaar na jarelange soektogte op te spoor nie. Wat nog te sê van oor en weer te kuier nie. In oom Stompie Cupido (78) van Herbertsda­le en sy niggie Marinda (74) Swart (née Cupido) se geval, is hulle egter van die bevoorregt­es.

Oom Stompie oftewel Andrew Frederik Theofilus soos hy gedoop is, se pa is oorlede in 1943. Sy ma kort daarna in 1946. Hy verduideli­k "dit was die dae van TB".

En êrens in dié stuk verlede onthou hy 'n besoek van sy oom Frederik en tannie Klara van Wellington en hulle dogtertjie, Marinda. Hulle enigste dogter en boonop jongste kind. Sy was toe drie jaar oud. Na hierdie ontmoeting, vertel hy, het hulle kontak verloor.

Gebore en getoë in Hebertsdal­e, het oom Stompie maar so oor die jare wanneer hy in die Kaap kom navraag gedoen oor ander Cupidos. "Al dié wat ek opgespoor het, was nie van my familie gewees nie."

Later het hy maar die soektog laat vaar. En toe, op 2 Januarie 2018, kry sy niggie Marinda hom. Sy en haar man was in Mosselbaai en hulle navrae na die Cupidos het hulle na Herbertsda­le gelei, vertel oom Stompie. "Ons sit nog so by die huis, toe sien ek die rooi karretjie aankom." En groot was sy verbasing toe die onverwagse besoek sy lankverlor­e niggie oplewer.

Oom Stopmie is 'n agent vir Mosselbaai Begrafnisd­ienste op Herbertsda­le en doen reeds meer as 30 jaar lank geestelike werk onder die gemeenskap van die dorpie en omgewing. Hy sê as mense afsterf en nie aan 'n kerk behoort nie, behartig hy hulle begrafniss­e.

"O, dit was 'n verskrikli­ke vreugde

‘O, dit was ‘n verskrikli­ke vreugde toe ons weer ontmoet. Dis eintlik net ‘n wonderwerk.’

toe ons weer ontmoet. Dis eintlik net 'n wonderwerk." Oom Stompie sê hy was ook verlig dat hy en sy niggie se man, Andreas (81), 'n pastoor, die bediening gemeen het.

In Februarie het die Swarts toe, soos belowe met hul hereniging, kom kuier vir 'n hele naweek.

"Hulle het my flou geloop. Ek moes hulle alles gaan wys en waar die ou familieled­e gewoon het."

Hy beplan om eersdaags by hulle op Wellington te gaan kuier.

 ??  ?? Marinda (nee Cupido) en Andreas Swart.
Marinda (nee Cupido) en Andreas Swart.
 ?? Foto: Cornelle Carstens ?? Oom Stompie Cupido is na baie jare met familie verenig.
Foto: Cornelle Carstens Oom Stompie Cupido is na baie jare met familie verenig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa