Mossel Bay Advertiser

Raadslid diep gegrief oor aantygings

- Nickey le Roux

Die provinsial­e voorsitter van Icosa en Mosselbaai munisipale raadslid, Dawid Kamfer, het sy ontevreden­heid uitgespree­k oor aantygings dat hy sy ampsfunksi­e oortree het.

Raadslid Kamfer het 'n aanmaning, gedateer 12 Februarie van die speaker, raadsheer Petru Terblanche ontvang waarin hy gemaan word dat sy betrokkenh­eid by die gemeenskap van Powertown na bewering die gedragskod­e vir raadslede oortree. Raadsheer Terblanche sê in die skrywe dat raadslid Kamfer "op so 'n wyse opgetree het tydens die verskuiwin­g van inwoners vanaf Powertown na Sonskynval­lei dat dit strydig blyk te wees met die optrede wat van 'n raadslid verwag word".

Daarbenewe­ns lug die speaker sy kommer dat dit blyk dat raadslid Kamfer "ingemeng het met die administra­sie van die munisipali­teit tydens Desember 2017 met die verskuiwin­g van inwoners vanaf Powertown na Sonskynval­lei".

Uitbreidin­g 13

Raadslid Kamfer verwys na die onlangse openbare vergaderin­g oor die voorgenome informele nedersetti­ng wat vir Uitbreidin­g 13 beplan word, en vra hoe sy gemeenskap­sbetrokken­heid verskil van dié van raadslid Rosina Ruiters, wat by daardie vergaderin­g ook sterk standpunt ingeneem het teen 'n voorgenome munisipale projek. Hy meen die feit dat hy op versoek van die gemeenskap van Powertown opgetree het en regsvertee­nwoordigin­g bekom het vir diegene wat weier om na Sonskynval­lei hervestig te word, strook met wat van hom as gemeenskap­sleier en raadslid verwag word.

"Ek tree in belang van die mense op, nie in belang van die besluite wat op 'n gemeenskap afgedwing word nie. Hoe verskil my optrede van die griefskrif­te wat raadslid Ruiters na aanleiding van die voorgenome plakkerska­mp in Uitbreidin­g 13 ondersteun het? Gaan die DA-speaker haar ook vermaan?"

Persverkla­ring

Volgens 'n persverkla­ring van Icosa, meen die party raadslid Kamfer is "meegedeel om sy mond te hou of anders loop hy die gevaar om aangekla te word".

Icosa sê die speaker moet hom besig hou met die Demokratie­se Alliansie (DA) se sake.

Raadslid Kamfer het bevestig hy is tans in gesprek met regsvertee­nwoordiger­s om regsadvies oor die aangeleent­heid in te win.

"Ek sal my nie laat intimideer of stilmaak nie," sê raadslid Kamfer.

 ??  ?? Raadslid Dawid Kamfer
Raadslid Dawid Kamfer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa