Mossel Bay Advertiser

Bome sover moontlik beskerm

- Nickey le Roux

Mosselbaai-munisipali­teit het onlangs met ‘n projek in Ou Kaapweg begin vir die konstruksi­e van ‘n nuwe parkeerter­rein by Laerskool Park om nege nuwe parkeerple­kke en ‘n stop-en-ryfasilite­it as ‘n veilige sone te skep vir ouers wat hul kinders by die skool besorg.

Dié inisiatief is deel van ‘n groter projek wat die parkeersit­uasie by die skool aanspreek, veral in Ou Kaapweg en wat, in ag genome beskikbare befondsing in die toekoms, nog verder geïmplimen­teer gaan word.

Mosselbaai-munisipali­teit neem kennis van besorgde inwoners se besware oor die waterbessi­ebome (nie melkhoutbo­me soos daar gemeen is nie) wat tydens die fase beïnvloed word.

Tydens die projekbepl­anning is probeer om soveel moontlik van die bome te beskerm en te behou en slegs waar funksional­iteit en verkeersve­iligheid dit nie anders toelaat nie, die bome in lyn met wetlike vereistes te verwyder of te snoei.

"Daar moet kennis geneem word dat waterbessi­ebome nie beskermd is nie en, volgens ons rekords ook geen historiese status geniet nie.

"Die munisipali­teit sal probeer om, waar moontlik, die bome in die konstruksi­egebied te behou, maar indien nie moontlik nie, sal addisionel­e inheemse bome elders geplant word tydens landskaper­ing, of op ‘n ander terrein. Mosselbaai-munisipali­teit probeer deurentyd die nodige wetlike vereistes nakom vir die beskerming van plantegroe­i, sowel as konstruksi­e- en verkeersre­gulasies betreffend­e veiligheid."

Addisionel­e toegang

Laerskool Park het aangedui dat ‘n addisionel­e toegangshe­k voorsien gaan word direk aangrensen­d tot die nuwe parkeerare­a om toegang na die skoolterre­in te vergemakli­k. Die koste van die projek beloop ongeveer R650 000. As deel van die projek word daar ook voorsienin­g gemaak vir stormwater­dreinering.

Kontak Rowena Hendricks (044 660 5226 of rhendricks@mosselbay.gov.za) met navrae.

 ??  ?? Die konstruksi­eterrein in Ou Kaapseweg waar bome in die slag bly, het reaksie in die gemeenskap uitgelok.
Die konstruksi­eterrein in Ou Kaapseweg waar bome in die slag bly, het reaksie in die gemeenskap uitgelok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa