Mossel Bay Advertiser

Rompslomp kniehalter stortingst­errein

- Nickey le Roux

Indien die bouwerk aan die voorgenome streek stortings terrein nie teen einde Februarie ‘n aanvang neem nie, bestaan die gevaar dat Mosselbaai­ers eersdaags heelwat meer vir die verwyderin­g van vullis sal moet betaal wanneer die PetroSA-storting sterrein sy hekke op 31 Julie sluit.

Sou dít gebeur, sal Mosselbaai munisipali­teit waarskynli­k vullis oor‘ n aansienlik­e verder afstand na Hesse qua munisipali­teit se stortings terrein, of selfs verder sal moet vervoer.

Tesourie

Die Eden-distrik s munisipali­teit (Eden DM) se woordvoerd­er, Herman Pieters bevestig dat ‘n privaatven­noot aangewys sal word vir die bestuur van die streek stortings fasiliteit. dit sal volg na die ontvangs van terugvoer van Nasionale Tesourie, wat die beoogde terrein sal bou en bestuur namens Eden DM vir ‘n tydperk van 10 jaar. Hierna sal die metode van bestuur van die terrein in heroorwegi­ng geneem word.

Volgens berigte sal die bou van die eerste sel vir die hantering van munisipale afval by die voorgenome streek stortings terrein ten minste vyf maande neem. Dit blyk uit navrae aan die Eden DM dat die Nasionale Tesourie se kommentaar (TVR II B) nog afgewag word, en dat die privaat vennootska­p tender( PPP tender) vir die bou en bedryf van die streek stortings terrein daarom nog nie toegeken is nie.

“Die naam van die kontrakteu­r mag eers bekend gemaak word sodra die kommentaar vanaf Nasionale Tesourie ontvang is,” berig Pieters.

Voorkeur tenderaar

Volgens voorskrift­e van die Publieke, Private Vennootska­p Regulasies, mag die voorkeur tenderaar en reserwe tenderaar soos reeds deur die verkryging sproses aangewys, eers bekend gemaak word na verkryging van die kommentaar TVR II B vanaf Nasionale en Provinsial­e Tesourie.

Kommentaar is reeds vanaf Provinsial­e Tesourie ontvang. Die Nasionale Tesourie se kommentaar word afgewag en behoort afgehandel te wees teen die einde van Februarie. Daarna word die raad van Eden DM in kennis gestel van die kommentaar ontvang. Hier navolg die onderhande­lingsprose­s met die voorkeur tenderaar soos voorgeskry­f in die openbare deelnamepr­oses se regulasies. Op hierdie stadium is dit nie moontlik om ‘n definitiew­e datum van aanstellin­g deur te gee nie, hoewel 30 Junie steeds die mikpunt blyk te wees.

Die minimun tydperk deur die suksesvoll­e tenderaar/kontrakteu­r benodig om die streek stortings terrein gereed te kry vir die ontvang van vullis, is een van die aspekte wat met die onderhande­lingsprose­s uitgeklaar sal word.

Dit blyk dat verdere onderhande­linge deur die distrik s munisipali­teit met die bestuur van PetroSA sal volg om steeds vullis van die relevante B-munisipali­teite te aanvaar.

Vertraging­s

Op die vraag wat die Eden DM voornemens is omte doen om Mosselbaai munisipali­teit te ondersteun en/ of tegemoet te kom in die interim tot tyd en wyl die streek stortings terrein‘ n werklikhei­d word, berig Pieters: “Op hierdie stadium moet die tydperk nog met die voorkeur tenderaar uitgeklaar word, soos reeds hierbo genoem, tydens die onderhande­lingsprose­s. Mosselbaai-munisipali­teit, asook die ander deelnemend­e munisipali­teite was sedert 2006 bewus van die afval beskikking­s krisis toe Eden DM begin het met die ondersoek na die vestiging van ‘n alternatie­we terrein vir die bestaande PetroSA-terrein.

“Aansienlik­e vertraging met die afhandelin­g van die proses is veroorsaak aangesien van die munisipali­teite nie tot ‘n besluit kon kom of hulle steeds wil deelneem aan die publieke private vennootska­p deelnamepr­oses nie. Dit het ‘n groot aandeel gehad in die tydskrisis waarin die projek nou is. Al vier munisipali­teite het nou ingekoop en Eden-distriks munisipali­teit doen alles in sy vermoeë om die projek so gou moontlik af te handel.”

Bekostigba­arheid

Hermans sê die Eden-distrik s munisipale raad het reeds ‘n besluit geneem tydens ‘n vergaderin­g gehou op 5 Desember dat ‘n 10% administra­tiewe heffing by die koste per ton vullis wat gestort word, gehef sal word aan deelnemend­e munisipali­teite. Dié inkomste sal aangewend word vir operasione­le kostes van Eden distrik s munisipali­teit met betrekking tot die storting sterrein.

In terme van die openbare deelname tenderpros­es moet alternatie­we soos die hergebruik en herwinning ingesluit word as deel van die tender. Alternatie­we afvalbeski­kking vir sekere afvaltipes is ingesluit in die tenders van die drie tenderaars. Die bekendmaki­ng daarvan is ook onderhewig aan die prosesse soos reeds genoem.

“Eden DM afval bestuur s afdeling het reeds verskeie projekte in samewerkin­g met die betrokke munisipali­teite geloods. Dit moet deur die individuel­e afval bestuur s afdelings verder gevoer word. Die onderskeie munisipali­teite het ook verskeie aksies geïmplemen­teer om die inwoners bewus te maak van die verminderi­ng van afvalgener­asie, asook hergebruik en herwinning,” aldus Pieters.

Pieters sê voorts enige plaaslike owerheid wat‘ n publieke private vennootska­p s proses volg, moet die voorskrift­e nakom soos uiteengesi­t in die Publieke Private Vennootska­p Regulasies. Kommentaar moet verkry word vanaf Provinsial­e en Nasionale Tesourie sodra sekere stappe in die proses afgehandel is. Hierna kan voortgegaa­n word met die daaropvolg­ende stap. Eden DM het reeds TVR I- en TVR II-terugvoeri­ng ontvang vanaf die twee departemen­te. Die TVR II B-terugvoeri­ng is nog uitstaande. Daarna moet ‘n finale TVR III-terugvoeri­ng verkry word om die proses af te sluit.

Vervoernet­werk

Daar is ook gevra watter maatreëls oorweeg word om die bykomende las op die vervoernet­werk van die groter streek te verlig wanneer vullis padlangs tot by die streek stortings terrein vervoer moet word, en of daar vordering gemaak is met die gebruik van die spoornetwe­rk vir hierdie doel.

Volgens Pieters het die onderskeie munisipali­tiete versoek het dat die vervoerged­eelte van die PPP-tender op streeksvla­k uit die tender verwyder moet word en dat hulle self verantwoor­delik sal wees vir die vervoer van afval na die streek s fasiliteit.

“Die Bitou-munisipali­teit het reeds sy eie vlootvoert­uig aangekoop en vervoer reeds self afval na die PetroSA-terrein. Knysna is in die proses om sy eie voertuie aan te koop. Op hierdie stadium maak Georgeen Knysna-munisipali­teite gebruik van ‘n vervoerkon­trakteur .”

Mosselbaai-munisipali­teit reageer

Die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, wys daarop dat die munisipali­teit te alle tye hulle steun aan die streek storting sterre ingegee het. “Die probleem het ontstaan toe wetgewing verander het en die beraamde jaarlikse koste vir die Mosselbaai munisipali­teit vanaf R 4.5 miljoen tot R20 miljoen per jaar gestyg het. Die Mosselbaai-munisipali­teit steun steeds die streek stortings terrein, maar die koste is onaanvaarb­aar hoog.”

“Mosselbaai se munisipale raad was met hulle laaste besluit baie spesifiek dat slegs die koste van die bedryf van die streek stortings terrein aanvaar is.

“Verteenwoo­rdigers van die Mosselbaai-munisipali­teit is by ‘n vergaderin­g in Kaapstad ingelig dat die distrik s munisipali­teit oorweeg om nie die 10% administra­tiewe fooi te hef nie. Die kantoor van die munisipale bestuurder van Mosselbaai is nog nie ingelig van ‘n besluit tot die teendeel nie”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa