Mossel Bay Advertiser

Geestelike leiers môre weer in gesprek

-

Na die suksesvoll­e byeenkoms op 27 Januarie, sien geestelike leiers uit na die tweede gesprek oor kerkeenhei­d in Mosselbaai.

Dié geleenthei­d vind môre, Saterdag 24 Februarie vanaf 10:00 tot 12:00 by die Pentecosta­l Holiness Church (House of Mercy) op die hoek van Alhofrylaa­n en Randstraat in D’Almeida, Mosselbaai plaas.

“Die eerste gesprek is bygewoon deur ongeveer 60 leiers en ons sien uit na nog ‘n geseënde opkoms”, aldus pastoor Kobus Klaaste. Die tema vir die gesprek is Persoonlik­e verhouding­s binne die liggaam van Christus.

Alle leiers, ook diegene wat nie die eerste gesprek bygewoon het nie, word uitgenooi om deel van die opvolggesp­rek te wees.

Die inisiatief vir hierdie broederlik­e gesprekke word geneem deur pastoor Klaaste wat ‘n passie het vir die eenheid van die liggaam van Christus.

In Mosselbaai bestaan daar reeds verskeie ekumeniese forums wat van tyd tot tyd vergader en soms spesiale geleenthed­e saam aanpak. Hierdie is egter nie ‘n poging om net nóg ‘n forum te stig nie, maar om organies ‘n eenheid onder gelowiges te help skep.

Lede van al die bestaande forums word daarom uitgenooi om by hierdie broederlik­e gesprek in te skakel.

“Ons soek nie ons eie eer, belang of wil nie, maar doen dit uit gehoorsaam­heid aan God se Woord wat gelowiges herhaaldel­ik oproep tot eenheid en liefde onder mekaar,” sê pastoor Klaaste.

Persone wat meer oor die gesprekke wil weet kan skakel met past Pierre (083 773 4910), Kobus (082 968 3674) of Isak (082 562 8928).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa