Mossel Bay Advertiser

SASSA se stoeldans verduideli­k

-

Annelize van Rooyen, skryf:

By SASSA gaan dit oor stoele. Tydens een besoek aan SASSA kan ‘n mens maklik op tot ses stoele sit. Soms dalk meer. Gevolglik is die belangsrik­ste personeel die stoelaanwy­sers. Daar is ‘n hele paar van hulle. Doen jy moeite om baie vroeg daar te wees - die deure maak sesuur oop en die ‘werk’ begin om 06:30 (of 08:00) - is die hoof-stoelaanwy­sers nog nie daar nie en die een, man of vrou, wat jou ontvang wys ‘n stoel aan jou toe. Sowat ‘n uur later sal die regte stoelaanwy­sers opdaag en die situasie in heroorwegi­ng neem. Die stoele word in ‘n nuwe groepering geskuif en die vroegopsta­ners beduie om dáár en/of dáár te sit. Die merkwaardi­ge ding hier is dat die stoelaanwy­sers nie praat. Die hele operasie word met handgebare gedoen.

Soos die ‘laatkommer­s’ aankom, moet hulle ook ingeteken en na ‘n stoel gewys word. Soms kom van die aansoekers se familie saam en hulle gaan sit sommer self by die stoele naaste aan die deur. Hulle brei, lees en gesels. Raak die aansoekers se stoele vol, word die saamkommer­s gewys om buite te gaan wag. Hulle gaan vies en brom-brom uit.

Party kry dit reg om hul stoele te behou, want hulle oortuig die aanwysers dat die mans saam met wie hulle gekom het, se IDs en papiere net in die handsak, wat deur hulle gehou word, veilig is.

Hulle spring dus elke nou en dan op om met die man, nou in ‘n nuwe stoel, te gaan ‘beraadslaa­g’.

Hierdie stelsel bied, helaas, geleenthei­d vir skelmstrek­e. Draai die stoelaanwy­ser sy rug, glip iemand blitsvinni­g in ‘n leë stoel in wat nie vir hom bedoel is nie.

Jy skuif na ‘n nuwe stoel afhangende van wat jy daar kom doen. Nuwe aansoekers het spesifieke stoele, so ook mense wat reeds vir die tweede, derde, vierde, vyfde ensovoorts, keer daar is omdat hulle nie ingelig was oor presies wat hulle moet inhandig nie. Hulle moet maar volgende week weer kom en van vooraf die stoeldans doen. Tel dus een stoel by vir elke besoek. Die eerste is die indien-van-aansoek-stoel, dan volg die ontvangs-van-erkenning-vandie-aansoek-stoel, die vingerafdr­ukstoel en uiteindeli­k die finale stoel: goedkeurin­gvan-aansoek.

Daar makeer nog één stoel, die lag-vanverligt­ing-stoel. Ná maklik ‘n totaal van 40 uur by SASSA. Jy gee maar die beste stoel in jou huis daardie eer.

Dis duidelik dat SASSA ‘n groot probleem met kommunikas­ie het. Stoele het hulle in oorvloed. Persoonlik vermoed ek die minister het in die verkeerde stoel beland.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa