Mossel Bay Advertiser

Bedrieg met slenter

-

Kobus Nieman, skryf:

Ek verwys na die brief van Dawid Vermeulen in die Mossel Bay Advertiser van 9 Februarie. Presies dieselfde het met my gebeur toe ek my dogter se motor op 16 Januarie 2018 vir diens na ‘n bekende handelaar wat met ‘n “K” begin op George geneem het.

Gewoonlik verwag jy ‘n oproep van ‘n handelaar wat jou meedeel dat die ruitveërs vervang moet word teen astronomie­se pryse, hoewel die motor nog dieselfde ruitveërs het wat die handelaar al in

2014 aanbeveel het moet vervang word.

Dit is waar hulle winste is. Ek was totaal onkant gevang, aangesien ek die motor se passasiers­ruit in November 2017 moes laat vervang nadat daar by haar motor ingebreek is in Bloemfonte­in en ek die tegnikus toe gevra het om na die windskerm te kyk vir enige splinterme­rke en hy geen kon vind nie.

Nou was daar drie nuwe splinterme­rke wat herstel moes word.

Toe ek die motor later die dag afhaal by die handelaar, was daar drie blou plakkers wat kwansuis die splinterme­rke aandui het wat herstel is.

Groot was my dogter se verbasing toe sy dit sien en het dit dadelik uitgewys dat die een herstelple­k reeds ‘n paar jaar van te vore herstel is.

Ek glo in die gesegde “Leef en laat leef”, maar wanneer ‘n besigheid op so ‘n slinkse wyse bedryf word, moet dit gestop word.

Dit sal goed wees om uit te vind hoeveel kliënte so bedrieg is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa