Mossel Bay Advertiser

Aan my ouma

-

Dené, skryf:

Ek skryf hierdie brief met ‘n bitterlike swaar hart.

Ouma, dankie vir alles wat Ouma vir my beteken het. Dankie vir die laat aande geselssess­ies terwyl ons Ray Dylan se musiek op die radio luister. Dankie vir die rondry en dat ons elke keer RSG moes luister want mens sou sweer dis al wat die radio kon opvang. Ouma dankie vir die naweke wat jy vir my gekook het, al het jy partykeer gemoan en geskel oor hoekom ek kookkos wil hê vir die hele naweek lank, en dat Ouma my aartappels so lekker gekook het soos ek daarvan hou. Ouma, dankie vir al die klere en skoene wat Ouma vir my gekoop het en dat Ouma nog elke keer daar was as ek iets op die hart gehad het.

Dankie vir al die tyd en moeite wat Ouma ingesit het om vir my die mooiste borduurwer­k te maak en vir 18 jaar daaraan gewerk het. Dankie vir al die free haircuts wat ek kon kry omdat my Ouma die beste haarkapste­r was.

Ouma ek mis jou so baie, dit is so moeilik. Jy het soveel mense geraak met jou vriendelik­heid en jou liefdevoll­e persoonlik­heid. Ek kan nie glo jy is weg nie maar ek weet dit was vir die beste. Ek wens ek kon jou nog net eenkeer sien, net weer eenkeer saam met jou ry en RSG luister. Ek wens jy was nog hier by my. Ek sal jou altyd liefhê.

* Wilma Nielsen is onlangs skielik oorlede op 65 jarige ouderdom na 'n hartaanval. Haar kleindogte­r, Dené het hierdie briefie geskryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa