Mossel Bay Advertiser

Veilig in die kuberwêrel­d

-

Jou bankkaart is ‘n uiters belangrike besitting. Die hoofrede hiervoor is natuurlik die sensitiewe inligting wat daarop gedruk is, asook die inligting wat elektronie­s op die mikroskyfi­e en/of die magnetiese­strook gestoor is.

Verlede week het ons gesien dat goedere en dienste aanlyn (deur die internet) gekoop kan word met slegs die inligting op die voor- en agterkant van jou bankkaart. Sulke aankope kan van enige plek, regoor die wêreld gedoen word. Dus is dit so belangrik dat jy hierdie inligting absoluut konfidensi­eël hou.

Hierdie week gesels ons oor die veilige manier van aankope waar jy jou bankkaart gebruik om te betaal vir die goedere of dienste aangeskaf. Wanneer jy jou bankkaart gebruik om te betaal word twee dinge normaalweg benodig.

Eerstens, jy moet jou bankkaart by jou hê en tweedens, of jou handtekeni­ng of ‘n privaat viersyfer nommer (‘n PIN – persoonlik­e identifika­sie nommer ). Banke probeer wegdoen met handtekeni­nge aangesien dit maklik nagemaak kan word of, in meeste gevalle, kyk die persoon by die betaalpunt nie eers of die twee handtekeni­nge dieselfde is nie. ‘n Meer veilige manier, om ‘n transaksie te bekragtig, is die gebruik van ‘n PIN – iets wat slegs jy behoort te weet.

Dit is uiters belangrik dat hierdie PIN absoluut konfidensi­eël gehou word. ‘n Skelm kan nie veel doen slegs met jou PIN nie, maar indien die skelm jou PIN weet en jou beursie met bankkaart daarin kan bekom, kan die skelm baie vinnig jou geld in die hande kry.

‘n Ander bekende slenter is wanneer iemand jou kaart kloon. Dit beteken dat die skelm die elektronie­se inligting op jou kaart skandeer en dan ‘n presiese kopie van jou kaart (laat) maak. In so ‘n geval het die skelm dan ‘n kopie van jou kaart en, indien die skelm jou PIN ook ken, gaan daardie skelm jou rekening leeg koop of al die geld trek by ‘n OTM.

Wenk vir hierdie week

Beskerm jou

PIN. Sorg dat niemand sien as jy jou PIN insleutel nie, hou die sleutelbor­djie toe met jou ander hand.

Volgende week kyk ons verder hoe mens jou bankkaart veilig in die kuberruimt­e kan gebruik.

E-pos gerus vrae aangaande die inhoud van hierdie artikel na rossouw@mandela. ac.za

Prof Rossouw von Solms is ‘n emeritus professor en lid van die Sentrum vir Navorsing in Inligting en Kuberseker­heid aan die Nelson Mandela Universite­it.

 ??  ?? Prof Rossouw von Solm
Prof Rossouw von Solm

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa