Mossel Bay Advertiser

Leser lug mening oor vang van haai

-

Peet Groenewald van Hartenbosh­euwels, skryf:

Ek lug net my mening aangaande die artikel “Skeurtandh­aai vangs: Stilbaai”, geplaas Vrydag 2 Februarie 2018.

As ek Paul Kruger, ondervoors­itter van die Triton-hengelklub was, sou ek glad nie trots gevoel het om so ‘n vis dood ten toon te stel nie.

Ek is glad nie gekant dat visgevang word nie maar wanneer so n pragdier in die water opgemerk word tydens die inkatrol daarvan voel ek dat die lyn eerder afgesny word om sodoende so ‘n vis se lewe te spaar.

Wat is die nut daarvan om so ‘n dier se dood te veroorsaak en dit om net te spog daarmee. Ek sien geen nut daarin nie.

Hengelklub­s behoort ‘n catch and release-beleid te handhaaf in so ‘n geval om sodoende te verhoed dat alles net voor die voet doodgemaak word.

Ek sal graag wil weet wat van die vis geword het en of daar enige dele daarvan vir enige goeie doel gebruik is.

Kommentaar

Barnie Vermeulen van die Triton-hengelklub, skryf:

Ek dink die skrywer is oningelig oor ons klub se werksaamhe­de rondom vangste.

Triton-hengelklub van Mosselbaai is gesteld op die vang en vrylaat van visse en geen foto van dooie haaie word gestuur vir publikasie.

Die vis op die foto ter sprake is veilig teruggepla­as in die see om bewaring te bevorder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa